Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.

Attack!
Nou ja. Daar is dit. Die koeël is deur die kerk. Dit is sekerlik nog ons voorland ook – tensy ons in ons duisende in alle kleure en geure fisies opruk na die parlement.

Fuel levy?
SANRAL het onlangs in die Cape Times hierdie advertensie geplaas. Sien hiernaas.
Die fine print lees as volg:
“This is the new workhorse of a stock farmer in the Western Cape (let op, my kursief, hulle begin ons nou sagmaak) Nothing fancy, but but it does the job. And he needs to do all he can to stay profitable these days. It seems a little unfair to ask him to pay extra on his fuel bill every time he fills up, for a freeway hundres of kilometers away in Gauteng that he will probably never use.”
Dis danksy hierdie soort gebreklike logika dat ons opgesaal word met net nóg ‘n burokrasie om belastings te roof en partyjies te hou en nSkandlas mee te bou.
Die stock en alle ander farmers moet ook op paaie ry, dis nie asof hulle die paaie verniet kry nie. Die petrolprys is reeds gelaai met ‘n heffing waarmee daardie paaie gebou is. Die paaie wat die meeste gebruik word en die meeste onderhoud verg, ontvang outomaties die meeste van die heffing – vir onderhoud én nuwe paaie.
Ek vermoed dat as jy die somme maak sal jy vind dat heffings op die besigste paaie oorverhaal word en op minder besige paaie onderverhaal word – so wie subsideer wie?
Die mees regverdige toedeling moet tog immers wees dat die wat die meeste ry, die meeste betaal?
As jy SANRAL se logika enduit volg, moet alle petrolheffing gestaak word, en elke pad moet ‘n tolpad word.
Eisj!
Onlangse kommentare