Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.
Schadenfreude = leedvermaak
Oorle Ma het ons geleer leedvermaak is ‘n lelike ding. Jy verkneukel jou nie in ander se teëspoed nie.
Maar die ironie! Die ironie. Dis net te veel en ek moet my sonde bely.

- This image, taken by passenger Andrew Peacock, shows the ship MV Akademik Shokalskiy still stuck in the ice off East Antarctica, as it waits to be rescued
Die saak staan só: ‘n Klomp verwarmers (dis nou die wat onkrities glo dat die mensdom – en nét die mensdom – die Aarde laat verwarm) het onder leiding van Professor Chris Turney vanaf Nieu Seeland na Antarktika vertrek om te gaan kyk hoe die poolys smelt. Die plan was om die spoor van Douglas Mawson, ‘n ontdekkingsreisiger van 100 jaar gelede te volg.
Ongelukkig was hulle só deur die 97% konsensus verblind dat hulle nie kennis geneem het dat daar die afgelope 17 jaar geen verdere verwarming was nie, en sedert sowat 2005 selfs ‘n effense afkoeling. Ook het hulle nie kennis geneem dat gedurende 2013 poolys beide Noord en Suid geweldig toegeneem het.
Nou sit hulle vas in die ys, ‘n Chinese ysbreker wat moes kom red sit ook vas en en ‘n Australiese skip kan ook nie bykom nie. Daar word nou gewag op beter weer sodat hulle per helikopter gehaal kan word.
In ons koerante lees jy van die debakel, maar jy sal nie lees wat die agtergrond is nie. Jy sal nie lees dat die totale verwarming van die agelope 100 jaar slegs 0.7 grade Celsius is nie. Jy sal dit nie aan jou lyf voel nie.
Lees meer hier: Mail Online
Terloops, ‘n klomp mense het Al Gore en sy trawante geglo dat die Noorpool teen 2013 geen ys sal hê nie en hulle het onderneem on die befaamde North West Passage te bevaar. Hulle sit ook in die ys vas.
Voorwaar, A (very) Inconvenient Truth!
Update 1:
FoxNews interviews expedition leader Chris Turney:
But Chris Turney, a professor of climate change at Australia’s University of New South Wales, said it was “silly” to suggest he and 73 others aboard the MV Akademic Shokalskiy were trapped in ice they’d sought to prove had melted. He remained adamant that sea ice is melting, even as the boat remained trapped in frozen seas.
Bostaande is ‘n uittreksel van Judith Curry se uitstekende blog
Update 2:
Lees die media spin om die ekspedisie se werklike doelwit te verberg en om die embarasserende werklikheid te verdoesel: Joanne Nova, nog ‘n uitstaande blogger.
Update 3:
Lees meer oor die gullible green sailors wat in die North West Passage vassit
Onlangse kommentare