
Oog
Oog
Deur die lens
Van hierdie klein sfeer
Stroom fotone
Vanaf die verste sterre
Die oogbal binne.
Bots teen sensitiewe binnewande
En skep so ‘n beeld
Binne die beperkte ruimte
Van die brein.
‘n Beeld van die
Onbeperkte,
Oneindige sfeer
Van die Heelal.
©vuurklip
3 November 2014
tina10 het gesê op November 4, 2014
Ek hou van…