
FUBAR
Aiéééé.
Die dônnerse LitnetBlogs is steeds gekrok. Ek kry geen keenis as daar kommentaar op my inskrywings verskyn nie.
Boonop is daar daagliks weer ‘n klomp nuwe spammers.
Ek kan ook nie meer ‘n border vir grafika spesifiseer nie.
Weet jy waarvoor staan FUBAR?
exionperfexi het gesê op Junie 2, 2014
ginnegaap ook deesdae minder hier
herken darem nog ‘n paar van die funksies
dink die litnetblogs weerspieël maar net wat in die land oor die algemeen aan die gang is
om NAFI te wees is nogal hoogs aansteeklik
tina10 het gesê op Junie 2, 2014
Ek hang ook rond om te kyk wat gebeur… stop nooit by ongelukke nie, maar hierdie ondgeluk … wel … sug
Wat is fubar?
vuurklip het gesê op Junie 2, 2014
F* Up Beyond All Recognition!
perdebytjie het gesê op Junie 2, 2014
Geduld,o geduld wat so baie kan dra!Ek is seker dinge gaan regkom.