My Damaskus Ervaring
April 4, 2014 in humor, katastrofes
Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.
Hou verby as jy skrik vir ironie of vir ‘n donker sin vir humor!
Ek is bekeer!
Feng Shui is nou my ding.
Wat my oorgehaal het, is die beriggie in vanoggend se Cape Times:
“BEIJING: A feng shui master was buried alive in a landslide at a Chinese cemetery moments after showing the family the ‘perfect burial plot’ …”
Ongelukkig is ses van die familielede ook in die grondstorting begrawe, maar dit wys jou nou net hoe goed die posisie vir die graf gekies is. Daar is nou sommer sewe mense daar begrawe.
‘n Onomstootlike bewys dat Feng Shui wérk.
Henry @kompethenry het gesê op April 4, 2014
Natuurlik werk dit – die grond- en waterwesens wys die pad aan!
En sonder ‘n “money frog” op die voorstoep is niemand voorspoedig nie!
🙂
vuurklip het gesê op April 4, 2014
@kompethenry
Het nie geweet van die frog nie – maar gaan nou dadelik ‘n spannetjie aanskaf.
Henry @kompethenry het gesê op April 5, 2014
*grin*
Ek weet nie of die effek linieer is nie…
😀
vuurklip het gesê op April 5, 2014
@kompethenry
Maar natuurlik is dit lineêr – jy moet nét gló. (En glo glo ek mos)
Die geld gaan binnekort begin inrol!
Henry @kompethenry het gesê op April 5, 2014
😀
tina10 het gesê op April 4, 2014
En goedkoop…
Zeppie - @zephur het gesê op April 5, 2014
@tina10
Hahahaha beslis goedkoop
Twaksak het gesê op April 4, 2014
Inderdaad!
exionperfexi het gesê op April 5, 2014
Maar gelukkig was die voorval nie ook toe te skryf aan die magiese krag van apartheid nie ? 🙂
https://www.youtube.com/watch?v=AXsZ5bydFT0,
Toevallig “white lightning” in die Noordweste. . . en daar in Sjina ‘n storting van “white snow” ? Ysssss …
Godiva het gesê op April 5, 2014
Natuurlik ‘werk’ dit. Dit was die feng shui master se auspicious tyd en plek om te gaan.
no mess no fuss, 7 vliee met een klap.
Rina Willemse het gesê op April 6, 2014
Jy weet natuurlik inskrywings met waarskuwings soos die by jou trek my soos ‘n magneet.
vuurklip het gesê op April 8, 2014
@sirpsa
Hehe.
Tjek hier vir nóg ‘n waarskuwing:
http://blogs.litnet.co.za/vuurklip/2014/04/08/met-pase-voorhande/