Op Reis

Maart 11, 2014 in gedigte

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


Trein

Op Reis

Ons is almal passassiers op die trein,
‘n Voortstuwende draak
Donderend die donker nag in,
Rook- en vuurspugend
Op ‘n vasgelegde spoor.

Jou kaartjie gekoop by geboorte,
Die bestemming voorlopig oop,
Tot latere kennis.

vuurklip
Dinsdag, 11 Maart 2014

 

8 antwoorde op Op Reis

  1. tina10 het gesê op Maart 12, 2014

    Lekker … ‘n gedig weer vir ‘n slag.

    Waar is jou blogmonitor nou? *fluister* ek gaan loer altyd daar as ek by jou inloer.

  2. Lyk soos die stoomenjin uit Anna Karenina.

    Vasgelegde spoor?
    Predeterminasie?

  3. tantekoba het gesê op Maart 12, 2014

    dis darem nie net heeltyd nag op die trein nie

  4. En dis nie ‘n retoerkaartjie nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.