Ek kom iets kort …

Februarie 24, 2014 in humor

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


Klik op die illustrasie om dit te vergroot.

Klik op die illustrasie om dit te vergroot.

 

 

Van hierdie modules is by my missing. Maar ek sê nie watter nie!

Wat van jou? Het jý al jou marbles?

17 antwoorde op Ek kom iets kort …

  1. tina10 het gesê op Februarie 24, 2014

    Daar is beslis nie dik ou ooms wat eet in my kop nie! Is dit JOU kop – lyk darem erg outyds daar?
    Mis ek weer iets?

  2. @tina10
    Die pseudo-wetenskap van frenologie beweer dat persoonlikheids-eienskappe van die skedel afgelees kan word.

    Die illustrasie dui aan waar op die skedel daardie persoonlikheids-eienskappe gesetel is.

    En nee, dis nie my kop nie – maar ek is wél outyds. Hehe.

    Kyk hier: http://en.wikipedia.org/wiki/Phrenology

    • tina10 het gesê op Februarie 24, 2014

      Ek sien dis ‘n voorstelling van 1883 … interessant, maar dink jy die moderne mens se voorstelling sal heel anders daar uitsien?
      Ek dink ook dat mans en vroue se voorstellings sal heelwat verskil want ek verstaan geen man nie!

      • @tina10
        Dit is nie van toepassing op die moderne mens nie – net so min as dit van toepassing was in 1883.

        Frenologie is net so op onkunde geskoei soos homeopatie, reiki, akupunktuur, aromaterapie en dergelike alternatiewe mediese behandeling.

        • @vuurklip
          Hierverskil ek effens van jou.
          Toe ek destyds moedeloos was met my kind wat elke paar weke antibiotika moes kry vir oor infeksies, het ek hom op homeopatiese druppels gesit wat die probleem totaal opgelos het. (en steeds glo ek ook nie onwrikbaar daarin nie, daarom verskil ek net effens 😛 )

          • @rosiemetdorings
            Antibiotika het nog altyd vir my infeksies gewerk. En ek kan die wetenslap daaragter verstaan.

            Kraanwater – in effek ‘n homeopatiese middel – het nog nooit vir my infeksies gewerk nie. Ek kan ook nie insien hoe dit hoegenaamd vir infeksies kán werk nie.

            Ons moet dus maar (effens) bly verskil – maar dis OK, hoor.

  3. Daar is dan nie varkies nie! 👿

  4. Hehehe – ja, ‘n hele paar albasters kort aan die kant…maar ek’s gelukkig so 🙂

  5. Soms as ek my kop skud dan voel iets is los
    😀

  6. Haai ek het nie geweet jy’s ‘n frenologie professor nie!

  7. en geen skroewe ??

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.