Wie sou dit gedink het!
Februarie 5, 2014 in aardverwarming, humor, katastrofes
Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.
Dis die jaar 1881. Die uitvinding van die telegraaf dreig(!) om die wêreld met koperdrade te omspan.
Die gevare wat dit vir die mensdom en die Aarde inhou is onvoorstelbaar.
Die Aarde se polariteit kan omswaai met die gevolg dat poolys skielik smelt gevolg deur vernietigende aardbewings die uitwissing van die hele mendom.
Sou Al Gore, Bill McKibben, Greenpeace, WWF, Lewis Pugh, Hollywood filmsterre, Stop Fracking the Karoo, as hierdie span destyds reeds sou bestaan het, sou hulle hiedie tegnologie teengestaan het?
Wat dink jy?
Bron: Donna Laframboise se blog.
danie coetzee het gesê op Februarie 5, 2014
Ek is seker een of ander van daardie klomp, sou dit voorkom het. Sou dalk goed wees, dan was ons nou al die verskriklike rampe gespaar.
vuurklip het gesê op Februarie 5, 2014
Nee, man. Dis die ateïste wat vir alle rampe verantwoordelik is!
Rina Willemse het gesê op Februarie 5, 2014
My opregte apologie 😉
vuurklip het gesê op Februarie 5, 2014
@sirpsa
Toemaar, ons onbenullige ateïste is net vir die kleiner mishaps verantwoordelik – soos as jy jou duim raak timmer …
perdebytjie het gesê op Februarie 5, 2014
As dit hulle geldelik sou baat,sou hulle dit definitief teenstaan.
Godiva het gesê op Februarie 5, 2014
Van die os op die jas, het jy al opgelet hoe meeste protesters dieselfde lyk?
Daar is altyd iemand aan die picket in London, ek dink hul koop hul klere by dieselfde shop. Uitgewaste denims en sandals vir die mans, oxfam ewe uitgewaste ensemble’tjies vir die placard-wyfies.
vuurklip het gesê op Februarie 5, 2014
@godiva: Hehe.
rosiemetdorings het gesê op Februarie 5, 2014
vriend van ons nou weer met dilemma oor toring vir beter selfoon seine in die pvt oord waar hulle bly. Dame skryf elle lange brief oor die gevaar wat dit inhou.
Henry @kompethenry het gesê op Februarie 5, 2014
Ag dit sou beter gewees het as hulle het – dan het Marconi se uitvinding dalk gouer tot sy reg gekom, en ons kon die koper gespaar het vir anti-rumatiek armbande….
vuurklip het gesê op Februarie 5, 2014
@kompethenry
Nee, jirre, radiogolwe is nog véél, véél erger. Hulle sou dit ook wou stop. LW Radiogolwe is nie tot drade beperk nie, en kan selfs die Son bereik en dit afskakel
monicahaddad het gesê op Februarie 5, 2014
Wel die ys is nogals besig om te smelt en daar is nogals woeste aardbewings dis net ons begrip van tyd wat dalk bietjie anders is…………..
vuurklip het gesê op Februarie 5, 2014
@monicahaddad
Hehe. Maar kyk hier:
http://wattsupwiththat.com/2013/10/24/a-new-record-the-most-sea-ice-in-antarctica-in-30-years-by-extent-and-by-volume/
en ook hier:
http://www.dailymail.co.uk/news/article-2415191/And-global-COOLING-Return-Arctic-ice-cap-grows-29-year.html
exionperfexi het gesê op Februarie 5, 2014
wie laaste lag , lag die lekkerste , of hulle die grap snap of nie .