Vuurklip se Blog Monitor
Februarie 28, 2014 in Allerlei
Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.
Die Blog Monitor het nou ook ‘n lys van alle aktiewe Litnet bloggers. In die Monitor se Menu Bar is daar ‘n nuwe opsie: Lys van Bloggers.
Die Monitor se lys is natuurlik ook by Litnet te siene, maar om alle aktiewe bloggers te sien, moet jy deur meer as 20 bladsye kliek – die Monitor se lys laat jou deur die lys scroll – m.i. gee dit ‘n beter oorsig. Litnet sal jou ook nie laat weet as daar nuwe bloggers is nie.
Jy kan kies om per e-pos kennis te kry as ‘n nuwe blogger verskyn.
Die Monitor kyk een keer per dag na die lys van bloggers by Litnet en laat jou per e-pos weet as daar ‘n nuwe blogger verskyn het.
Laat weet as jy ‘n probleem met die Monitor ondervind. Ek kan jou altyd na Dr Salim verwys!
Onlangse kommentare