For whom the bell e-tolls
Desember 2, 2013 in katastrofes
Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.
Nou ja. Daar is dit. Die koeël is deur die kerk. Dit is sekerlik nog ons voorland ook – tensy ons in ons duisende in alle kleure en geure fisies opruk na die parlement.
SANRAL het onlangs in die Cape Times hierdie advertensie geplaas. Sien hiernaas.
Die fine print lees as volg:
“This is the new workhorse of a stock farmer in the Western Cape (let op, my kursief, hulle begin ons nou sagmaak) Nothing fancy, but but it does the job. And he needs to do all he can to stay profitable these days. It seems a little unfair to ask him to pay extra on his fuel bill every time he fills up, for a freeway hundres of kilometers away in Gauteng that he will probably never use.”
Dis danksy hierdie soort gebreklike logika dat ons opgesaal word met net nóg ‘n burokrasie om belastings te roof en partyjies te hou en nSkandlas mee te bou.
Die stock en alle ander farmers moet ook op paaie ry, dis nie asof hulle die paaie verniet kry nie. Die petrolprys is reeds gelaai met ‘n heffing waarmee daardie paaie gebou is. Die paaie wat die meeste gebruik word en die meeste onderhoud verg, ontvang outomaties die meeste van die heffing – vir onderhoud én nuwe paaie.
Ek vermoed dat as jy die somme maak sal jy vind dat heffings op die besigste paaie oorverhaal word en op minder besige paaie onderverhaal word – so wie subsideer wie?
Die mees regverdige toedeling moet tog immers wees dat die wat die meeste ry, die meeste betaal?
As jy SANRAL se logika enduit volg, moet alle petrolheffing gestaak word, en elke pad moet ‘n tolpad word.
Eisj!
Twaksak het gesê op Desember 2, 2013
Jip. Daai brandstofheffing is pre-94 al elders aangewend. Politici!
tina10 het gesê op Desember 2, 2013
Sug… dit sal net ‘n droom bly!
vuurklip het gesê op Desember 2, 2013
Nee, dis ‘n nagmerrie wat nog waar gaan word. Soos die ou wet van Transvaal
blikskottel het gesê op Desember 3, 2013
Hulle kan loop kak, ek het geen kontrak met hule nie en dis dit.
Skeletor het gesê op Desember 3, 2013
So Sanral dink dit is fair dat ons tolgeld moet betaal terwyl die ANC ons geld wegsuip, sink in swembaddens en amfiteaters in en hulle self dikvreet aan Kentucky Friggin’ Chicken?
E-toll can suck my Toll-e…
exionperfexi het gesê op Desember 3, 2013
soustreinkole is nie goedkoop nie
Rina Willemse het gesê op Desember 4, 2013
Jis ek’s tempted om op jou Blog Monitor-skakel te kliek om te sien waarheen dit lei, maar ek’s vrek bang daar lê ‘n slagyster grynsend en wag om sy tande in enige nuuskierige agie weg te sink. Met LitNetblogs weet mens nooit.
vuurklip het gesê op Desember 4, 2013
Ag nee, man. Gee dit ‘n kans. Jy kan nie verloor nie en daar is géén slagysters nie. Dis alles vrek eenvoudig en useful. Be bold, luck favours the bold, dan nie?
Rina Willemse het gesê op Desember 5, 2013
OK jy’t my oortuig. Maar die vet weet, as dit weer iets is wat ek nie weer by myselwers kan kanselleer nie, dan’s die gort gaar.
vuurklip het gesê op Desember 5, 2013
@sirpsa: Elke kennisgewing het ‘n skakel na die monitor. Jy kan daar óf al jou subskripsies kanselleer, dan hoor jy ne weer van die Monitor nie, óf onder die Registrasie tab kan jy alle kennisgewings staak – dit is handig as jy weggaan en kennisgewings tydelik wil staak sonder om jou subskripsies te verloor.
Henry @kompethenry het gesê op Desember 11, 2013
Hierdie ding gaan die ANC nog innie gat byt…