Doktersbesoek
November 29, 2013 in Allerlei
Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.
*Doktersbesoek
Dis OK
Sê Dok Van,
Bloeddruk is normaal,
Maar die knie
En die linkervoet …
Ons moet maar eers
Die X-strale bekyk.
Intussen moet jy
Elke dag
Jou pille sluk,
Jou vitamines balanseer,
Jou koolhidrate streng beheer.
Só sal ons saam
Die aftakeling besweer.
25 November 2013
vuurklip
*vuurklip is nie die pasiënt nie
Onlangse kommentare