Somer, Son en Napier II
Oktober 28, 2013 in Uncategorized
[subscribe2]
Ek het in SSN I die dorp se besienswaardighede genoem. Die NG kerk is in die vorige inskrywing gewys. Al die ander kom uit die tuin van ons verblyf.
Ta’ Mossie met kroos se sprinkaan-middagete.
Oom Mossie hou wag.
Mossiefamilie se twee verdiepings! Lyk soos ‘n uitgerafelde vinknes. Mossies bou normaalweg ‘n slordige mini-kraaines maar neem soms ou swaelneste of vinkneste oor.
Jangroentjie beskou sy domein.
Opgedress in polkadots!
‘n Brommer in die sop daisy.
Die trein op platform sewe …
Henry @kompethenry het gesê op Oktober 28, 2013
“Driftwood Cottage”
Is daar water naby?
Stem saam – daai nes is veels te netjies vir ‘n mossie!
tina10 het gesê op Oktober 28, 2013
Pragtige foto’s
ek-myself het gesê op Oktober 28, 2013
die dorp se besienswaardighede – lekker lag ek nou
perdebytjie het gesê op Oktober 28, 2013
Ai,ek hou van die voels en ook daardie daisies met die vlieg en torretjie!
lora2me het gesê op Oktober 28, 2013
Jou mossiefoto’s is oulik, veral die nessie. Hulle is sulke agtergrondvoëltjies en eintlik is mossies baie mooi as ‘n mens hulle raaksien. Sonder hulle sal daar maar baie braaikrummels en broodjies na naweke se kuiertye op die gras bly lê, dink ek. Ek was nog altyd lief vir ‘n daisy omdat die blommetjies altyd so vrolik is en min moeite verg. Ek hou van die “garnering” van goggatjies.:D
rosiemetdorings het gesê op Oktober 28, 2013
met so deeglike waarneming moes dit jou lank neem om die dorp te fynkam 😀
Mooi foto’s
Carol R @ Losbek het gesê op Oktober 28, 2013
Ag jitte dis die mooiste foto’s!