‘n Nuwigheid
Oktober 20, 2013 in aardverwarming
[subscribe2]
Hierdie is vir die liefhebbers van hardehout.
Jy weet mos van die Tequilawurm? Indien nie kyk dan hier.
Nou lees ek onlangs dat daar ‘n nuwe Tequila vervaardig word. In plaas van ‘n wurm gaan daar nou ‘n mockingbird kuiken in die bottel wees. Hoekom ‘n kuiken, vra jy? Man, enige iemand kan mos sien ‘n volwasse voël gaan nie in die bottel pas nie. Die voëls gaan nou op groot skaal op “ekologies en organies volhoubare” manier geteel word. Groen, sien.
Maar voordat jy jou groen kleure wys en te kere gaan oor die wreedheid teenoor voëls, dink aan die duisende voëls en vlermuise wat jaarliks deur “groen” windmeules aan stukke gekap word. Ek wil jou daaroor ook hoor te kere gaan.
O, ja, die naam van die nuwe hardehout is natuurlik:
Tequila Mockingbird.
Klink bekend, nè?
tina10 het gesê op Oktober 20, 2013
Ek drink in elk geval nie die goed nie maar dit maak nie vir my sin om enige gogga of voël te piekel nie? Maak dit ‘n verskil aan die smaak?
Net Ek @ cbl1979 het gesê op Oktober 20, 2013
Sjoe, wat ‘n aardige gedagte…..
perdebytjie het gesê op Oktober 20, 2013
Ek wil net weet hoekom dit enigsins nodig is om ‘n drankie met ‘n voel of ‘n wurm in,te bedien?Dis stupid,onnosel,dom en makaber en wie delf nou weer die onderspit..arme voels wat vir die mens se goor giere moet instaan!
Windkrag is ‘n noodsaaklikheid,want ons kan nie aanhou om vleilande om te dolwe vir steenkool en die lug besoedel met verbranding nie.Dit is hartseer dat nou weer die voels en vlermuise in die slag moet bly,maar wat is die alternatief?
Carol R @ Losbek het gesê op Oktober 20, 2013
Jigggggg!
Bruggie het gesê op Oktober 20, 2013
Kom ons verklap n geheim . Dit was nie tequilawurms nie, maar totties van Tdrinkers wat naand so lyk. Hoekom nou hoegenaam neuk met n nuwe voël ?
vuurklip het gesê op Oktober 20, 2013
Eisjjj!
Antjie Kat het gesê op Oktober 21, 2013
Nie met eish nie. Met ‘n knippie sout, ja. ‘n Knippie shout.
tina10 het gesê op Oktober 25, 2013
🙄 en jy vertel my nou eers? @benvanbruggen
blikskottel het gesê op Oktober 20, 2013
Ek dink die hele ding is ‘n baie slegte idee.
Henry @kompethenry het gesê op Oktober 20, 2013
Jigg!
Sal maar verbyhou, dankie!
rosiemetdorings het gesê op Oktober 20, 2013
how to kill it. 😛
Zeppie - @zephur het gesê op Oktober 21, 2013
Nee ek sal hom maar ‘n skiep gee
Bang ek raak te hoenderkop
Antjie Kat het gesê op Oktober 21, 2013
Ag, dis seker nie waar van die wurmpie en die kuikentjie nie.
skaawagter het gesê op Oktober 25, 2013
…In vino veritas?…