Tuin en Tuinier II
September 13, 2013 in Uncategorized
Die “blomtuin” is ‘n piepklein moskolletjie in ‘n hoekie van die trappies na die plaveisel. Reg in die middel van die rooi sirkel op die eerste foto. Die tweede foto is van die mos en die “spore capsules” met ‘n tiensentstuk wat die skaal aandui. Ek moet beken dat daar geen tuinier hierby betrokke is nie – tensy jy in tuindwergies glo.
Lees meer hieroor (Soortgelyke mos van Alaska):
http://analogicalplanet.com/Pages/ContentPages/Mosses/MossIndex.html
vega het gesê op September 13, 2013
Sjoe sou dit nie gedink het nie.
rosiemetdorings het gesê op September 13, 2013
….en ek sien. 😀
so van die os op die jas, het ander mense ook al gesien dat die 10c stukke nie meer in geelkoper nie , maar nou in rooikoper geslaan word?
tina10 het gesê op September 13, 2013
Ag dis te mooi… ‘n regte kabouetertuintjie
Henry @kompethenry het gesê op September 13, 2013
Jis dis nog meer indrukwekkend!
skaawagter het gesê op September 13, 2013
Fyn gekyk!
perdebytjie het gesê op September 13, 2013
Sjoe,hoe sou dit daar gekom het?Dalk ‘n somerbesoeker voël van Alaska?
vuurklip het gesê op September 13, 2013
Nee, wat, dis maar ‘n inheemse variëteit – dis Alaska skakel is maar net ter inligting.
Zeppie - @zephur het gesê op September 13, 2013
Dat mooi ook in piepklein pakkies kom
ek-myself het gesê op September 13, 2013
Oulik!!!