Teen ‘n tuinmuur V
Maart 3, 2012 in Sonder kategorie
Parasitiese wespe.
Hierdie konstruksie het onlangs teen ‘n buitemuur verskyn. Ongelukkig het ek nie die bouproses waargeneem nie. Die nes is van sand gebou en waarskynlik met speeksel van die bouer vasgemessel.
Enkele dae later is die selle oopgebreek en het die nuwe geslag wespe die wêreld ingevaar. Hier sien jy die verlate nes.
Ek vermoed dis ‘n wesp wat spinnekoppe parasiteer. Die spinnekop word eers verdoof en dan word ‘n eier in die spinnekop gelê. Die eier broei uit, en die wesplarwe voed op die verdoofde spinnekop, word ‘n papie en kom tevoorskyn as ‘n volgroeide wesp.
Onlangs kom ek op hierdie storie af. Dis het betrekking op ‘n ander wesp spesie, Aphidius ervi wat plantluise parsiteer en illustreer by uitstek die evolusionêre interspesie arms race van meganismes vir aanval en verdediging.
As jy ‘n kreasionis is, moet jy jouself afvra watter soort “intelligensie” so ‘n bisarre en meedoënlose proses kan uitdink.
Kortliks verloop dinge so:
Die wesp plant een of meer eiers in die plantluis.
Die wesplarwe broei uit en vorm ‘n laag buiteselle wat direk op die plantluis voed – daar is geen “egg yolk” in die wespeier nie. Die laag selle tree dus op as ‘n soot placenta. Verder versprei somminge van die “plasenta” selle deur die plantluis se ligaam waar die plasenta-selle ensieme afskei wat help om die plantluis af te breek as kos vir die larwe. Die larwe vorm later ‘n papie en die nuwe wesp kom uit die plantluis tevoorskyn.
Dis egter net deel van die storie!
Die plantluis het ‘n immunstelsel wat ‘n mate van beskerming teen die wesp bied. Dis nie al nie – die plantluise dra soms ook ‘n bakteriese besmetting wat die wesplarwe verhoed om te onwikkel. Hierdie bakterium word oorgedra tussen plantluise van ouers na kleintjies en d.m.v. seks.
Die storie verdiep nogeens.
Die bakterium bied net beskerming as dit op sy beurt besmet is met ‘n spesifieke virus. Die virus vervaardig die wesp-toksien wat die wesplarwe aanval.
Nou staan die wesp se evolusionêre ontwikkeling nie stil nie, en die wesp kan bepaal of die plantluis met die bakterium besmet is. Indien nie, plant sy net een eier, indien wel, plant sy twee of meer.
Jy kan hier meer lees oor ‘n parasitiese vlieg wat ‘n ander parasiet parasiteer binne dieselfe gasheer-ruspe.
Teen ‘n Tuinmuur I, Teen ‘n Tuinmuur II, Teen ‘n Tuinmuur III, Teen ‘n Tuinmuur IV
HeavyHenry het gesê op Maart 3, 2012
Nice pos en artikel!
TS het gesê op Maart 3, 2012
Kan jy nou meer… dankie vir die interessante blog. Hier leer ek altyd iets
sirpsa het gesê op Maart 3, 2012
‘n Riller uit die boonste rakke.
Neffertiti het gesê op Maart 3, 2012
Voorwaar ‘n riller tot die dood toe.
rosiemetdorings het gesê op Maart 3, 2012
baie leersaam, verwonder my net dat daar mense is wat hierdie tipe van navorsing doen
loudavisi het gesê op Maart 3, 2012
Slinkse wesp!
Dankie vir nog ‘n leersame skrywe.
DallaSePa het gesê op Maart 17, 2012
Puik.