Termodinamika van boekhouding: Aussie style

November 9, 2011 in Sonder kategorie

Die Australiese regering het ‘n Koolstofbelasting ingestel. Die eienaardige daarvan is dat dit 9 uit 10 huishoudings $9.90 per week gaan kos, volgens die Aussie tesourie.

Maar die huishoudings gaan ook kompensasie kry, nl. $10.10.

Waar kry die Tesourie die geld vir die kompensasie? Dit kan net van belastings wees. En wie betaal belasting? Die publiek, aan die einde van die dag soos Naas sou sê.

Die Aussie tesourie skep dus $0.20 per huishouding ($10.10 – $9.90) uit niks. (Ok, dalk kry hulle dit uit die koolstoftaks. Maar wie betaal daardie taks? Uitendelik ook maar die verbruiker.)

Moenie ons regering hiervan vertel nie!

Bron: Adelaide Now

Foto: Hier.

6 antwoorde op Termodinamika van boekhouding: Aussie style

  1. TS het gesê op November 9, 2011

    Interessant… hulle het nie so baie armes wat nie bydra nie?

  2. Trakie het gesê op November 9, 2011

    My lips are sealed.

  3. bernster het gesê op November 9, 2011

    Klink amper soos ‘n ponzi scheme!

  4. pasella het gesê op November 9, 2011

    Vindingryk!

  5. Hierdie hele koolstof belasting is net dit – ‘n ander rede om geld te steel…

  6. wanner weer n mooi prentjie van n gogga of die see? Kyk goed uit!

Los ’n antwoord vir bernster. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.