Koos en Kaspaas – ‘n Analogie

Oktober 23, 2011 in Sonder kategorie

(Honiball te tekening hier)

Kom nou-die-dag af op die Dunning-Kruger effek .  (Lees maar hier: Wikipedia). Die deel van die effek wat my opgeval het, is dat sommige dommerige onkundige mense te dom en onkundig is om te besef hóé onkundig hulle is, sodat hulle hul kundigheid te hoog aanslaan. Hulle is te onkundig om te kan takseer hoe onkundig hulle werklik is!

Soos baie van ons wat bokant ons ekonomiese vermoëns leef, leef hulle bokand hulle intellektuele vermoëns. In die intellektuele skuld dus.

Dit laat my toe dink aan ‘n sekere blogger, noem hom maar neef Koos (nee, nie die een met die een oor nie, dié staan onder die bed maar die eenogige).

Ek verduidelik die storie aan die hand van ‘n analogie.

‘n Tweede karakter in die verhaal is Kaspaas. Kaspaas se liggie brand ook nie te helder nie, en hy maak ‘n inskrywing oor radioaktiewe datering van veral fossielhoudende gesteentes. Kaspaas dink radioaktiwiteit het met die SABC te make en hy wéét die Aarde is net 6000 jaar oud en beweer dus sodanige datering ‘n houks.

Neef Kosie laat sy (dowwerige) liggie val op Kaspaas se blog en dit inspireer hom om self daaroor te blog. Hy gebruik nou Kaspaas se gebrekkige kennis om ook radioaktiewe datering af te skiet. Maar dan gaan hy verder, hy skiet ook sommer die hele kosmologie af. Dis nie al nie, hy spoeg daarop (soos elke rugbyspeler spoeg as hy aan die bal gevat het. Soms sonder dat dat hy aan die bal gevat het).

Maar hoekom nou hier stop? Hy spoeg sommer ook op evolusie and for good measure op die hele Euklidiese meetkunde.

In my kommentaar op Neef Kosie se blog, probeer ek vergeefs om hom te laat insien dat dit onverantwoordbaar is om ‘n gebrekkige argument te gebruik om die geldigheid van jou eie argument aan te toon. Of radioaktiewe datering geldig is of nie, jy kan nie ‘n gebrekkige argument gebruik om jou standpunt te probeer bewys nie.

Neef Koos spoeg daarop.

12 antwoorde op Koos en Kaspaas – ‘n Analogie

  1. Vuurklip, elke ou het mos vryheid om sy naam gat of goed te maak. Persoonlik is ek lankal verby wat ander mense van my of dit wat ek glo dink….dit maak tog net verskil vir my as ek dit toelaat. Wat ek wel doen is soms net lees, lag en aan beweeg.

  2. TS het gesê op Oktober 23, 2011

    hehehe… hoe lekker kry ek noudat ek nêrens ‘n niggie raaklees … Julle sterk manne moet maar die dinge maar uitsorteer

  3. vuurklip het gesê op Oktober 23, 2011

    Weet nie van Kamma nie, maar ék wil weet.

  4. vuurklip het gesê op Oktober 23, 2011

    Blikkies:
    “… lag en aan beweeg …”

    Ek hoop jy het darem lekker gelag?

  5. vuurklip het gesê op Oktober 23, 2011

    Jip, op die rygbyveld word daar nie geargumenteer nie. Hulle spoeg, klap, byt en breek mekaar se bene.

    As jy kan liplees sal jy sien die woord wat die meeste voorkom is “f**k”.

  6. vuurklip het gesê op Oktober 23, 2011

    Hehe. Sal my koes moet ken.

  7. vuurklip het gesê op Oktober 23, 2011

    Soos oorle Pa gesê het, “Man, jy ruik net sterk”!

  8. Adage het gesê op Oktober 23, 2011

    Ek dink as jy bloggers soos die van wie jy praat dwing om presies verwysings te gee van waar hulle hierdie goed uitkrap mag hulle dalk dink voor dat hulle praat..
    ?

    Nee dan dink ek ooknie so nie -ignoreer.
    🙂

  9. Oor daai Dunning-Kruger effek. Baie, baie, baie tieners ly daaraan……

  10. Skerp …

  11. Koos en die aap. Wie redeneer dan nou met ‘n aap, daar is mos geen argument. Een oog is koning in die land van blindes. Party het ook nie ore nie.

Los ’n antwoord vir vuurklip. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.