Bleek burokrate

Oktober 9, 2011 in Sonder kategorie

Hoe het ons hierdie mense destyds gesien?

Het ons hulle gesien soos David Goldblatt hulle tóé al gesien het?

Biskop Tutu het onlangs gesê die wêreld moet deur vroue regeer word.

Sal jy enige van hierdie vroue as regeerders wil sien?

nalatenskap

in talle donker
hole en gate
krioel en konkel
bleek burokrate
en na hulle vernoem ons
lughawens en strate

hulle nalatenskap
is kortstondig en nóú
maar wie sal hulle name
in die toekoms onthou?

http://vuurklip.net/index.php?level=6&id=70

8 antwoorde op Bleek burokrate

  1. eros01 het gesê op Oktober 9, 2011

    Die “shades” is darem cool.(: xR

  2. pasella het gesê op Oktober 9, 2011

    Ek herken De Wet Nel, die ou sonder shades (ek dink) Die ander lyk soos Mafiosi.

  3. TS het gesê op Oktober 10, 2011

    Is ‘n manlike burokraat beter as ‘n vroulike burokraat?

  4. Wie is die mense?

    Hulle lyk “anal”

  5. vuurklip het gesê op Oktober 10, 2011

    Voormalige NP kabinetslede en hulle gades – ek herken net vir Daan de Wet Nel – die een sonder die donkerbril.

  6. Slaat my dood – sou dit nooit erken het nie!

  7. lora2me het gesê op Oktober 11, 2011

    Strak en stuurs soos alle politici voor hulle en na hulle. Dooie wange wat nie emosie wys nie, soos George Bush se gesig in die kleuterskool toe hy die nuus van die 9/11-ramp ontvang het.

  8. Ek stem saam met Roosmaryn, die shades is darem cool.Verder is dit maar n bra scary idee…

Los ’n antwoord vir pasella. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.