Laat daar lig(?) wees …

Junie 9, 2011 in Sonder kategorie

Vir dié wat dit kan bekostig sal daar lig wees.

  

Ons dierbare regering peplan om gewone gloeilampe uit te faseer. Sou hulle daaraan gedink het dat dat derduisende mense in die informele nedersettings noueliks die duurder gloeilampe sal kan bekostig? En sal dié wat kan veilig daarvan ontslae raak?

Daar word ons vertel dat die nuwe gloeilampe ‘n 5 tot 10 jaar leeftyd het. In my ondervinding het hulle eerder ‘n gemiddelde leeftyd van 2 jaar. Ek het nog géén gloeilamp gehad van langer as 4 jaar gehou het nie – nie eers die wat slegs een keer per dag aan- of afgeskakel word nie.

6 antwoorde op Laat daar lig(?) wees …

  1. Maankind2 het gesê op Junie 9, 2011

    Ek het elke een van daardie gloeilampe uit my huis gesmyt. Hulle blaas binne ‘n paar maande, en dis moeilik om te recycle, agv die gas daarin.

  2. pasella het gesê op Junie 9, 2011

    en gevaarlik ook, sê hulle.

  3. brug het gesê op Junie 9, 2011

    Veel ligter op verbruik is LED lig. Maar dit behels
    n 6 volt ligte bedrading. Hoekom hoor ons nie van regeringsubsidies hiervoor nie. ?

  4. loudavisi het gesê op Junie 9, 2011

    Ek stem saam. Die ontslae raak daarvan is ‘n groot probleem.

  5. HeavyHenry het gesê op Junie 10, 2011

    As joune gemiddeld 2 jaar hou – dan is jy gelukkig, of jy het ‘n beter soort beet. Die drek wat mens nou kan koop gee die gees in so drie maande – as hulle nie dadelik breek nie.

    En daarvoor betaal mens ‘n premium prys.

Los ’n antwoord vir HeavyHenry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.