Jy blaai in die argief vir 2011 Mei.

Reier, laatmiddag in Simonstad se hawe

Mei 12, 2011 in Sonder kategorie

Hier is g’n vis nie

Die water kook!

Mei 8, 2011 in Sonder kategorie

Honderde dolfyne het Valsbaai aan die kook!

Hierdie is maar ‘n enkele van die honderde wat ure lank hier tussen Simonstad en Vishoek die waters laat spat het.

NIMBY huigelaars

Mei 7, 2011 in Sonder kategorie

NIMBY: Not in my back yard

Video op YouTube

Al wat celebrity is sit nou op die anti-frakking wa. Let op hoe in die gees van Orwell se newspeak die woord frakking gekies word om die saak in ‘n nóg slegter lig te stel.

Afgesien van die meriete van die saak, vind ek die wa se saamryers iewat huigelagtig. Hulle ry die wereld vol met hulle karre, hulle vier-by-viers, vlieg die wereld vol, maak nie saak waar al die diesel en petrol vandaan kom nie. Dit kan maar daar ver in Arabië of in Nigerië of waar ookal ontgin word, maar net nie hier in ons agterplaas nie.

Wat elders gepleeg word is in die haak, daaroor sê ons niks – maak maar vol – hier gaat ons.

Is die keiser kaal …

Mei 2, 2011 in Sonder kategorie

… of is ek net stupit?

Vandag op Die Burger se Boekeblad:

Maria Callas

(vir TT Cloete)

Om só godsgenadig

te kon sing en vertolk,

dit doen sy absoluut spontaan

boonop ‘n noot steel soos ‘n gypsy,

bronstig ómklem soos ‘n munt

in ‘n dooie se toegebalde vuis.

Elke lied word deur haar lyf

se ronde kontoere vervoer.

Later toe sy verslank,

fokus sy op haar flaminkkeel,

dra steeds gekartelde fluweel

om die véle omswerwinge

van ‘n vasgevatte noot

oor vele hoogtes én laagtes,

te laat vloei in ‘n asemsnakkende

amper roggelende, volsonge snik.

Joan Hambidge

 


Wat dink jy?

Werkersdag?

Mei 1, 2011 in Sonder kategorie

Na middagete by Casa Labia in Muizenberg:

Mosaïek in die ou poskantoorgebou in Muizenberg:

En toe, sononder: