By die afsterwe van die laaste van ‘n geslag …

April 12, 2011 in Sonder kategorie

11 Maart, 2011

Die laaste oorlewende van my ouers se geslag het ons op 95-jarige ouderdom ontval.

winter

een vir een
sterf my wortels af.

blare doen afstand
van opgegaarde son
uit vergange seisoene.

die skors van my verweer
teen vervloë storms   los
en val af.

naak
bly my geen skans 

 

vuurklip

3 antwoorde op By die afsterwe van die laaste van ‘n geslag …

  1. TS het gesê op April 12, 2011

    Ai ek is jammer! Ek mis my ma nog amper elke dag

  2. Geitjie1 het gesê op April 13, 2011

    Dikwels laat die ouer geslag, kosbare herinneringe na………..dis ongelukkig die pad van die lewe. Sterkte

  3. Ons familienaam loop ook dood by my en my broer. Ek het nie kinders nie en hy het twee dogters.

Los ’n antwoord vir Geitjie1. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.