Hoeveel is 2+2 vir die WWF?
April 25, 2011 in Sonder kategorie
In laas Saterdag se BY (Bylaag tot Die Burger) lees ek ‘n onderhoud deur Elise Tempelhof met Morné du Plessis (néé, nie die oud-Springbok kaptein nie).
Morné is die Suid-Afrikaanse uitvoerende hoof van die Wêreldnatuurfonds (WWF).
Ek wens ons joernaliste wou meer navorsing doen vóór ‘n onderhoud met hooggeplaasdes – sodat hulle darem sinvolle vrae kan stel en nie net die VIP in die artikeltjies te eggo nie.
Die onderhoud sluit af met Morné se bewering dat die WWF nie , nee, nooit (moet nooit sê nooit nie!) geld van ‘n olie of gasmaatskappy sal aanvaar nie?
Werklik nie? Nooit nie?
Hulle word wel befonds deur o.a. BHB Billiton en Anglo American.
BHP Billiton, volgens hulle eie webwerf, is een van die wêreld se grootste mynhuise met uitgebreide belange in, l.w. petroleum en steenkool. Verder bedryf hulle aluminium smelters wat ontsaglike hoeveelhede elektrisiteit gebruik – elektrisiteit wat grootliks met steenkool opgewek word.
Verduidelik nou vir my hoe hy kan beweer dat die WWF nie geld van olie-maatskappye aanvaar nie.
En hoe rym dit met die WWF se vete teen CO2? Morné spog juis dat die WWF die term “koolstofvoetspoor” uitgevind het.
Hoekom laat die onderhoud my dink aan Denmark?
Onlangse kommentare