Broeityd!

Februarie 7, 2011 in Sonder kategorie

Die tobies het suksevol gebroei, twee eiers, twee kuikens – ons hoop maar die kuikens oorleef.

Hier is ma en die twee kuikens

 

Nog een van ma en een van die kuikens van naderby:

Die pikkewyn het minder sukses, lyk dit. Ons hou die nes nou al sowat twee weke dop, maar sien nooit dat daar gebroei word nie. Daar is minstens agt ander neste naby dié een, maar hulle word skynbaar ook nie bebroei nie.

Dis nogal moeilik om die neste raak te sien, die eiers is goed gekamoefleer.

3 antwoorde op Broeityd!

  1. TS het gesê op Februarie 7, 2011

    hou al my duime en tonevas!

  2. Vetjan het gesê op Februarie 8, 2011

    Ek het gister op ‘n plek langs die see omtrent 8 Swart Tobies naby mekaar gekry.

  3. En so ‘n spannetjie kan lekker rumoer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.