Mammoete herlewe?
Januarie 16, 2011 in Sonder kategorie
‘n Span navorsers in Japan beoog om mammoete te laat herlewe. Die plan is om mammoet DNA in ‘n olifant eiersel te plant en om dan die eiersel in ‘n olifant in te plane – in die hoop dat die olifant ‘n mammoet-kuiken sal voortbring.
Die idee is natuurlik in beginsel moontlik, mits die DNA van genoegsame kwalitiet en en sekerlik nog ‘n hele klomp ander voorwaardes.
Maar die instituut waar die navorsing gedoen word, is Kinki University’s Graduate School of Biology-Oriented Science and Technology. En dit laat my wonder watse ander kinky eksperimente daar gedoen word …
loudavisi het gesê op Januarie 16, 2011
Hoop dit is net ‘n April grap!
Kan jy jou voorstel hoe ons klaar verwoeste aarde met die reuse verder sal vergaan!
vuurklip het gesê op Januarie 16, 2011
Jurassic Park – here we come!
Syana het gesê op Januarie 16, 2011
Syana kan dalk help met die poging?
Neffertiti het gesê op Januarie 17, 2011
Adage het Vrydag daaroor geblog en ander het ook gekommentaar.