Trollebolle
Januarie 12, 2011 in Sonder kategorie
Ek het vantevore oor Trolle geskryf (hier).
Trolle word vet van reaksie. Dis waarvoor hulle trol: om reaksie te kry, om te wéét en te ervaar dat hulle ‘n effek bereik het.
Die enigste verweer is on hulle heeltemal te ignoreer. Heeltemal, elke keer.
Moenie die trolle voer nie. As hulle geen kos kry nie, vrek hulle van die honger.
Verwyder beledigende kommentaar sonder verdere reaksie op jou of sy/haar blog.
Rapporteer die trol se blog.
Rapporteer beledigende kommentaar.
Sit op jou hande.
HeavyHenry het gesê op Januarie 12, 2011
Nice fotie!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 12, 2011
Ek weet! Het myself voorgeneem om dit te doen al voel ek hoe demurin vir die opmerking
UNPOCO het gesê op Januarie 12, 2011
Jy is reg! DO NOT FEED THE MONKEYS en ook nie die wat maak of hulle monkeys is of die wat soos monkeys maak nie.
Neffertiti het gesê op Januarie 12, 2011
Die trol wil gaan surf, ha ha.
WillieBlogNie het gesê op Januarie 12, 2011
Ek stem, ignoreer hulle.. Daar ‘n saying: “A great deal of intelligence can be invested in ignorance.”
Neander het gesê op Januarie 12, 2011
Vuur, jy maak my dag, ek het lekker gelag.
‘Moenie die trolle voer nie’. Sjoe dis ‘n tall order.
Die trol wat die bord afbreek, wil nie in die kuberruimte surf nie, maar wel op die see.
Groetnis
O ja, vergas ons weer met ‘n paar wetenskaplike stellings.
maryke-anne het gesê op Januarie 12, 2011
Jitte, nou kom vertel jy my nadat ek hulle gister dikgevoer het met roomys en tjoklit sous!
vuurklip het gesê op Januarie 12, 2011
Watter onderwerp? Ek (en my Pa) weet mos alles?
raymond 2009 het gesê op Januarie 12, 2011
Stem ignore
MEleroux het gesê op Januarie 24, 2011
Goeie raad!