Die Burger: 50 jaar gelede
Januarie 12, 2011 in Sonder kategorie
Bybels vir Afrika : In sy rubriek op bl. 2 skryf P. A. Joubert oor Bybelverspreiding in Afrika. “Die verspreiding geskied op ’n verskeidenheid van gewone en minder gewone maniere,” skryf hy onder meer. “In Suid-Afrika het een sendinggenootskap glad al ’n vliegtuig gebruik om evangelies op uitgesoekte naturelle-statte af te gooi, met goeie gevolge.”
Die Burger
Met goeie gevolge? Het hulle dalk die toordokter raakgegooi?
Blikskottel het gesê op Januarie 12, 2011
Dis en manier om daaraan te dink. Ongelukig het hulle nooit die mammas raakgegooi wat die huidige regerings kriminele gebaar het nie.
plankloper het gesê op Januarie 12, 2011
My oorlede pa het Bybels uit sy Piper Vagabond versprei in die destydse Noord Rhodesie, nou Zambie. Hy’t wonderlike stories vertel oor die avonture wat hulle daar beleef het.
swartb het gesê op Januarie 14, 2011
Maar die goeie boek seg dan juis ons moet vrugbaar wees en vermenigvuldig…
MEleroux het gesê op Januarie 24, 2011
Kon die “naturelle” in die statte dan lees?