Afrikaners is Plesierig, dit kan julle glo!
Januarie 10, 2011 in Sonder kategorie
Nou ja. Daar het ons dit. Sanlam het verskeie mediese- en pensioenfondse se surplusse geplunder.
Ja, die woord is geplunder.
In die afgelope drie maande moes Sanlam reeds 1 Miljard terugbetaal.
Die storie is hier in vandag se Cape Times:
Verdict on Sanlam a boost for medical aid
En wie moet, aan die einde van die dag, soos Naas sou sê, hiervoor opdok? Die polis- en aandeelhouers.
Ek wonder hoeveel van die sg. Reversionêre Bonusse op my annuïteite waarop ek geregtig was, in werklikheid teen my beleggings gekrediteer is? Sal seker nooit weet nie.
DallaSePa het gesê op Januarie 10, 2011
“Reversionêre Bonusse” … baie baie skerp!
maryke-anne het gesê op Januarie 10, 2011
Jip, mens sal nooit weet nie! Baie interessante stukkie leesstof.
vuurklip het gesê op Januarie 10, 2011
Schick, boetman.
TS het gesê op Januarie 10, 2011
Mens moet op die einde jou geld in die trommeltjie onder die bed sit
vuurklip het gesê op Januarie 10, 2011
Ja, dalk, maar daar word dit net deur ‘n ander klas rower gesteel!