Sim Sala Bim! Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar!
Januarie 7, 2011 in Sonder kategorie
As jy glo aan die magic armbandjie (soos die Proteas doen), móét jy eenvoudig ook die horlosie aanskaf. Dit bevat Toermalyn en Germanium – jy kán eenvoudig nie daarsonder nie, en met daardie bestanddele kán jy net nie verkeerd gaan nie..
Hol onmiddellik Sportsmans Warehouse toe en kry joune vandág nog. Met ‘n bietjie luck, sal jy ook kan sien hoe laat dit is.
Vetjan het gesê op Januarie 7, 2011
Ongelooflik.. … die voordele van toermalyn en germanium PLUS mens kan sien hoe laat dit is !!!!
Dit help seker vir slapeloosheid en karpale tonnel sindroom ook..
TS het gesê op Januarie 7, 2011
my kleur is nie daar nie
vuurklip het gesê op Januarie 7, 2011
Watter kleur is “gullibility”?
rosiemetdorings het gesê op Januarie 8, 2011
‘n dag later…. hoop jy’t gisteraand nuus gekyk!
vuurklip het gesê op Januarie 8, 2011
Néé, ons kyk nie meer TV nie … maar vertel!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 8, 2011
hulle het op nasionale nuus ‘n berig daaraan gewy om te vertel hoe nutteloos daardie bandjie is
Blikskottel het gesê op Januarie 10, 2011
Ek glo Tim Noakes was reg oor die goed; Dis alles ‘n geldmaak foefie.