(Un)Scientific American
Desember 29, 2010 in Sonder kategorie
Ons weet nou al dat die klimaat-veranderingsprofete nie die afgelope 3 jaar se koue noordelike winters voorspel het nie. Voor hierdie koue weer, het hulle net warmer weer voorsien.
En nou, met die kouer weer, word post facto allerhande argumente opgerakel om te verduidelik hoekom winters nou kouer is!
Kyk nou na die heerlike double speak soos gerapporteer in die Scientific American:
In fact, while no single storm is anything more than weather,
stronger winter storms are exactly what climate scientists
expect from a warming climate.
Huh?! Hoe kouer die weer, hoe meer aardverwarming? Let op, hulle is versigtig om te sê stronger winter storms en nie colder nie.
En die eenvoudige verklaring (meer warmte, meer vog in die atmosfeer) was drie jaar gelede nie aangehaal as synde ‘n oorsaak van kouer weer nie.
Neander het gesê op Desember 29, 2010
Die El Nino mense werk met gemiddeldes en daarvolgens het ons wel aardverwarming.
Die sneeu op Kilimanjaro is alreeds 20% minder en stukke ys breek af van antarktika.
bernster het gesê op Desember 29, 2010
Neander, ter inligting:
Die Kilimanjaro scenario is al jare terug debunk. Die rede waarom die sneeu verdwyn het niks met sogenaamde aardverwarming te doen nie. Dis eerder agv die natuurlike woude rondom die berg wat uitgeroei word; hierdie bome het die lug vogtig gemaak en daardie vogtige lug is dan deur winde opgedra hoog teen die berg op waar die vog dan ‘n neerslag vorm wanneer dit afgekoel het. Deur talle eksperimente is daar bevind dat die aanplant van bome in die area die probleem daar kan oplos.
Neander het gesê op Desember 29, 2010
Ek stem saam sublimasie is deel van die verklaring by K, maar daar val ook minder sneeu weens droër en warmer toestande en dan minder sonlig- weerkaatsing en dus minder ys.
Aan Groenland se kus het die vis begin uitsterf weens te veel varswater van gletsers af.
Die toestand is besig om te vererger en kan dalk die Golfstroom verander.
Verder ysbere moet al hoe verder swem om kos te kry.
bernster het gesê op Desember 29, 2010
Daar is ook bevind dat die droër en warmer weerpatrone daar reeds in die 1800’s begin ‘moeilikheid’ maak het, lank voor sogenaamde aardverwarming ter sprake kom.
btw, ek probeer nie die stel unieke omstandighede by Kilimanjaro voorhou as die reël vir alle krimpende gletsers/icecaps nie.
Neander het gesê op Desember 29, 2010
Dis goed, ek het net gedink jy hou die omstandighede van K voor vir alle krimpende gletsers.
monicahaddad het gesê op Desember 29, 2010
Ek weet nie van een enkelte wetenskaplike wat al ooit askies gesê het nie 😉
HeavyHenry het gesê op Desember 29, 2010
Die grotes, soos Einstein doen – die poepholle knoop hulleself toe in verontskuldigings.