Potloodskerpmaker gesoek!
Desember 9, 2010 in Sonder kategorie
Van die afgevaardigdes by Cancún is nie van die skerpste nie! Hulle was maar te gewillig om ‘n bogus petisie te teken. Die petisie is teen Diwaterstofmonoksied. (Monoksied, klink blerrie gevaarlik nè?)
Dit móét verban word omdat dit onder andere:
- voorkom in suurreën
- gebruik word om steenkool- én kernkragstasies te verkoel
stel jou voor! Steenkool sowel as Kernkrag! - dodelik is om in te asem
- een van die gevaarlikste kweekhuisgasse is
- teenwoordig is in vars groente en vrugte
Kyk maar self …
Bron: CFACT
TS het gesê op Desember 9, 2010
sug… ja…
HeavyHenry het gesê op Desember 10, 2010
Simpel mense!
🙂