Eendag was daar …

November 27, 2010 in Sonder kategorie

Eendag was daar ‘n plaas met ‘n klompie gelukkige hoenders. Hulle het min of meer op dieselfde tyd uitgebroei en het hulle hele lewe sorgvry op die werf rondgeskarrel en hulle kroppe lekker dikgepik aan goggas en mielipitte.

Elke oggend en elke aand het die boer met ‘n sak mieliepitte en ander byvoegsels op die werf verskyn en die kos vir die hoenders gestrooi. Gevolglik was die spannetjie spekvet en gesond, en vreeslik tevrede.

Daar was selfs ‘n mooi groot haan om hulle betyds soggens wakker te kraai (en ander dienste te lewer) sodat hulle ten volle van die boer se goedheid gebruik kon maak.

Voor slapenstyd elke aand, het die hoenders bymekaar gekom vir danksegging en om die boer te prys en hulde te bring.

Ongelukkig het die spannetjie, haan ingelsuit, nie koerant gelees nie, en ook nie TV gekyk nie. Gevolglik het die volgende advertensie hulle ongesiens verbygegaan:

Hulle smáák so lekker want hulle éét so lekker!

11 antwoorde op Eendag was daar …

  1. Ek onthou Farmer Brown as Vetter.

  2. Ja, maar hierdie is ‘n baie óú foto!

  3. En al kon hulle lees, het hulle dalk nie geglo dat dit ooit waar kon wees nie

  4. TS het gesê op November 27, 2010

    Hy is nog jonk , die oom

  5. jannel1 het gesê op November 28, 2010

    Mens sien maar min van Farmer Brown deesdae.

  6. Trakie het gesê op November 29, 2010

    Hierdie keer is die snuf in die neus ‘n gebraaide hoendertjie.

  7. Ons was almal eens jonk!

  8. Maar nie van die hoennerkies nie!

  9. Natuurlik nie. Hulle het ook houtwerk gedop!

  10. Snuif, snuif. Inderdaad!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.