Catbert: Ons leermeester?
Oktober 30, 2010 in Sonder kategorie
Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie
As daar in die VSA so korrup met subsidies omgegaan word, hoeveel erger sou dit by ons wees met die geld wat aan HOP-huise toegeken word?
Pres Obama se regering maak subsidies beskikbaar om wonings in die VSA meer energie-effektief te maak. Dit blyk uit bostaande berig dat die werk wat gedoen word onder andere:
Hierdie probleme is gevind by inspeksie van 15 wonings waar die werk gedoen is en waarvan die probleme by tot 14 uit die 15 wonings voorgekom het.
Dalk moet ons kabinetministers eerder bly by besoeke aan Kuba en wegbly van die VSA?
Oktober 24, 2010 in Sonder kategorie
Sal vanaand op die strand moet slaap. Dit het só gekom.
Het vanoggend (soos maar die meeste oggende) vroeg al met my laptop by die eetkamer tafel gaan sit en voorgeploeter met die rekenaarprogram wat hierdie maand se kos op die tafel moet kry.
Skielik kom daar ‘n vanuit die slaapkamer ‘n angstige gil – soos ‘n kar wat remme aanslaan.
“Wassit?” storm ek die slaapkamer binne – staan Vroutjielieweding met die storthanddoek nog om die lyf – wys sprakeloos na die plafon – en daar, reg bo VLD se kant van die bed sit ta – yslik, lyf so groot soos my duim, saam met al agt haar pote so groot soos my hand.
Storm weer die kamer uit – gryp die goggafles en ‘n stoel – weer terug kamer toe om ta in die fles te vang.
Gelukkig sit mevrou Spinnekop mooi stil en kan ek versigtig die fles se opening oor haar pas sonder om pote af te knyp. Skuif ‘n stywe stuk karton oor die opening, tussen mevrou S. en die plafon – woeps, val sy ongedeerd in die fles.
Weer op die grond, sê VLD: “Hou die bottel op sodat ek kan sien.”
Met die dat ek die fles ophou, merk ek op dat VLD se gesigmasker nog op is – spookwit – net die ogies en mondjie wys – die masker laat die ogies groter oopgerek lyk en die mondjie nog angstiger oopgesper. Spinnekop sien dit ook en retireer teen die agterste wand van die fles, voorlyf opgehef, rooi slagtande wys. Dis toe dat ek my lag nie kan hou nie – ek meen: Wie het groter geskrik? VLD of mev. S.? Toe ek daai vraag so tussen die lag deur vra, ruk VLD haar op en stewe soos een van die nuwe fregatte hier in Valsbaai, weer die badkamer binne, sonder ‘n verdere woord behalwe: “Gaan gooi die ding ver van die huis
af!”
Op pad buitentoe met mev. S, sien ek een van haar linker pote is weg.
Terug in die huis vertel ek van die af poot. VLD sis: “Ek hoop nie die ding is nog êrens in die slaapkamer nie.”
Ek grap nog: “Dalk het een van ons dit in die nag ingesluk?” Julle weet mos, daar bestaan ‘n statistiek dat ‘n mens gemiddeld ‘n sekere aantal spinnekoppe insluk terwyl sy/hy slaap.
“AIÊÊÊÊ”. Dit was die laaste strooi. Êrens in VLD se voorgeslagte moes daar Van Helsdingens gewees het.
Ek sal maar solank my strandhandoek gaan kry en ‘n botteljie soetwyn uit my noodvoorraad gaan opdiep.
Oktober 6, 2010 in Sonder kategorie
SAA gaan glo nie meer vlugte na Kaapstad en Durban aanbied nie!
Johannesburg – South African Airways will stop all its flights between
Durban and Cape Town.
Its low-cost airline Mango will serve the route in future.
Traffic between Durban and Cape Town is largely limited to
tourists and it is price sensitive, SAA spokesperson Fani Zulu
told Sake24.com. It makes more sense to leave the route to
Mango, which can compete with other low-cost airlines.
Is dit die begin van die einde?
Bron Fin24.com
Hou die blink kant bo!
Onlangse kommentare