‘n Koue Wind …

Augustus 13, 2010 in Sonder kategorie

 

‘n Koue Wind

 

Dis koud

tot in my lewer, koud.

 

Hardehout warmte hou nie:

Loog die blou uit my oë

tot die grys pêrels

van ‘n ou hond.

 

vuurklip

 

Foto

 

8 antwoorde op ‘n Koue Wind …

  1. louisna het gesê op Augustus 13, 2010

    Mooi so. Dice Winternag

  2. Sjoe Vuurklip, dis ‘n diep koue daai.

  3. lieflike foto
    gepas by yskoue woorde.

  4. Ek hou baie van die binnerym, die gestrooptheid, die rou eerlikheid. Ja. ‘n Mens kry warm koue — wyn en kaggelvuur en snoesige liefde — en hierdie koue koue … wat deur merg en been sny.

    Jy beskryf dit perfek!

    Baie mooi daardie foto.

  5. werklik treffend. en die foto? te nice!

  6. ‘n Koue wat tot in die murg sit…mooi dankie

  7. Jinne, maar dit is omtrent koud! Hou van die foto.

Los ’n antwoord vir louisna. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.