Oor Krappe

Julie 7, 2010 in Sonder kategorie

Hier is ‘n foto van ‘n Samurai-krap. Die teorie is dat Japannese vissers krappe teruggooi in die see as die krap soos ‘n Samurai-kryger lyk. Hierdie gewoonte oefen dan ‘n seleksie uit op die krap-bevolking sodat hulle steeds meer na Samurai lyk.

Maar kyk nou na ‘n krap-soort wat volop aan die Suid-Kaapse kus voorkom – dalk ook elders. Die krap se dop lyk soos ‘n kwaai vis se gesig! Watter seleksie-proses is hier aan die werk? Is dit dalk om predatore af te weer?

5 antwoorde op Oor Krappe

  1. pasella het gesê op Julie 7, 2010

    Dis die Samurai se skoonma, ‘n krapperige antie!

  2. vuurklip het gesê op Julie 7, 2010

    Giegie! Ligloop vir skoonma’s!

  3. loudavisi het gesê op Julie 7, 2010

    Vir daai gesig sal ek ook die loop neem!

  4. Ek dink so Vuurklip. Ek het Desember twee treë van ‘n klein sandhaai gestaan en die kamofleering was ongelooflik…hy het soos die sand gelyk.

  5. Lekker by die see….

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.