De Voetbalmatch

Junie 17, 2010 in Sonder kategorie

Om jou sokkerkoors te temper: Hier is ‘n Youtube clip van Louis Davids, een van die groot Nederlandse kabaretiste uit vergange tye. Die liedjie is skreeusnaaks (as jy dit kan volg) en beskryf hoe ‘n meisie die voetbalmatch ervaar. Sy weet niks van die spel af nie en haar kêrel probeer vergeefs verduidelik.

Luister self!

4 antwoorde op De Voetbalmatch

  1. HeavyHenry het gesê op Junie 19, 2010

    Het nou lekker geluister!

  2. vuurklip het gesê op Junie 19, 2010

    Ja, ek het met Louis Davids kennis gemaak in die 1940’s dmv my Oom Jan se opwen 78 grammofoon. My gunsteling frase uit “De voetbalmatch” is as sy sê “Jezus, Jan, d’r vallen toch geen dooie?”. Ek gebruik die frase self nog steeds, tydig en ontydig.

    Soek gerus op Youtube vir Wim Sonneveld en Toon Hermans.

  3. HeavyHenry het gesê op Junie 19, 2010

    Veertigs is bietjie vroeg vir my – maar sal ky wat ek kan kry, dankie.

  4. Toevallig het ek die eindwedstryd op kortgolf geluister ;[ Radio Nederland Wereldomroep] en my verkneukel in die hartstikke leuke kommentaar van die twee Hollandse omroepers! Dit was net ‘Jongie jongie jongie geweldig! en Hup Oranje! en nou en dan oorskakelings na Museumplein in Amsterdam, en ook onderhoude met die kaptein en die ganske ploeg na die tyd. Jy sal dit seker nog op die Wereldomroep se argief kan kry?

Los ’n antwoord vir skaawagter. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.