Alle paaie …

Maart 29, 2010 in Sonder kategorie

          Alle paaie lei na Amersfoort


Ons ry gereëld
Van Ermelo na Bethal,
Suster na suster
Swaar na swaer.

Ons ontwyk telkens
Elke afdraai na Amersfoort.

Snags weer terug
Van Bethal na Ermelo,
Met die sterre hoog
En deur die spook-dip:

“As jy daar stilhou,
Sal die kar nie weer start nie!”

Steeds ontwyk ons
Elke afdraai na Amersfoort.

Tot eendag.

 

vuurklip

29 Maart 2010

6 antwoorde op Alle paaie …

  1. Ja nee klink vir my ook of daar ‘n spook daar iewers wag…Mooi gedig.

  2. Ek is ook nou lekker nuuskierig. Ek sien elke dag twee stofpad afdraaie na Amersfoort as ek Standerton toe gaan. Ag toe vertel meer …

  3. vuurklip het gesê op Maart 31, 2010

    Die gedig moet as metafoor gelees word, met verskillende vlakke van interpretasie. Meer kan ek nie sê nie.

    “Er staat niet wat er staat”

  4. katrina het gesê op April 4, 2010

    Hmm, mens wonder inderdaad. Ken Ermelo en daai wereld goed – het sewe jaar lank daar gebly! Amersfoort? Doodonskuldige ou plekkie, behalwe natuurlik oor wat daar vir jou, as digter, skuil. Iemand wat jy nie wil sien nie of liewer nie moet sien nie? En ek hou ook van “swaar na swaer” (jy laaik hom nie, of hoe? )

  5. vuurklip het gesê op April 4, 2010

    As kinders het ons dikwels saam met ma en pa by ma se suster in Bethal gaan kuier. Ek herinner my dat daar talle uitdraai paaie was na Amersfoort – maar ons was altyd op pad tussen Ermelo en Bethal – en het gevolglik nooit op Amersfoort beland nie.

    En, ja, die swaers was nie groot vriende nie!

  6. vuurklip het gesê op April 5, 2010

    Dankie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.