Raaisel

Maart 28, 2010 in Sonder kategorie

Ons woon nou al vier jaar hier agter die Muesli-gordyn.

Daar is net ‘n enkelspoor tussen Vishoek en Simonstad. Kort na ons hier ingetrek het, het Transnet begin om beton dwarslêers langs die spoor af te laai – duidelik om die ou hout dwarslêers te vervang.

Na vier jaar lê die goed steeds hier. Intussen het ‘n deel van die spoor naby Simonstad weggespoel en loop die treine sedert laas Desember nie meer nie.

Wonderlike beplanning om miljoene Rande se toerusting net so te laat lê.

Die dwarslêers is links langs die spoor op die foto. In die agtergrond is Simonstad.

4 antwoorde op Raaisel

  1. Rianza het gesê op Maart 28, 2010

    Obviously het Transnet nie die oorstromings en verspoelings beplan nie en dit kon ‘n invloed op die beplande instandhoudingsplan gehad het. Mens moet onthou dat meeste spoorbaanmateriaal swaar en moeilik hanteerbaar is en daarom sommer direk by die plek waar daar beplan is om dit te gebruik afgelaai word. Die dwarsleers het ook nog geen waarde verloor nie en is net so goed as die dag toe dit daar afgelaai is. Waarom onnodige koste aangaan om dit in ‘n werf te hou as dit nie juis waarde verloor waar dit nou is nie. Dit word ook nie “weggedra” nie, want dit het nie juis waarde vir ander nie.

  2. DallaSePa het gesê op Maart 28, 2010

    Te swaar om te steel?
    Maak blerrie goeie trekpale vir plaas heinings …

  3. loudavisi het gesê op Maart 28, 2010

    Beplanning is die ding.
    En om die plan deur te voer is ‘n ander een.

    Mooie foto!

  4. vuurklip het gesê op Maart 28, 2010

    1) ‘n Mens sou dink dat ‘n treinspoor wat verspoel het, binne dae eerder as maande herstel sou word. Veral aangesien ons hier met ‘n besige voorstedelike diens te doene het.

    2) Om kapitaal onproduktief te laat rondlê maak nie sin nie. Dit moet dan liewer elders aangewend word, of die geld moet tydelik belê word totdat die materiaal aangewend kan word. Om sulke materiaal vir vier jaar of meer net te laat lê, maak nie sin nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.