
Die oorsake van klimaatverandering is nog grootliks onbekend!
Terwyl die IPCC op korttermyntendense fokus, word die historiese perspektief geïgnoreer.
Skommelings tussen ystydperke en warm tussenperiodes kom sedert die ontstaaan van die aarde voor, en alhoewel daar verskeie geloofwaardige hipoteses vir die oorsake daarvan bestaan, is alle faktore nog lank nie bekend nie. Meer hier.
Daar is nou in verskeie oorde oproepe om die klimaat te “beheer” deur sg. geoengineering projekte.
In die afwesigheid van voldoende kennis tov die oorsake van klimaat skommeling, is die suiwer gekheid om enige van die projekte aan te pak.
As dit huidig onmoontlik is (gaan dit volgende Woensdag reën?) om die weer vir meer as enkele dae te voorspel, hoe op aarde(!) kan mense dink dat hulle die gevolge van geoengineering projekte kan voorspel?
Een van die projekte is om die see op groot skaal met yster te “fertilise” met die verwagting dat die plankton sodanig sal aanwas dat dit CO2 uit die atmosfeer sal onttrek en wanneer die plankton afsterf, sink dit af na die bodem waar die CO2 dan “gesekwestreer” is.
“We have virtually no knowledge of how they [large-scale commercial enrichments] will impact natural marine ecosystems in the long-term,” said coauthor William Cochlan, at San Francisco State University.
Hierdie is nie die enigste skema wat ernstig oorweeg word nie.
Die hubris en arrogansie van hierdie pogings is verstommend.
Lees meer by Climate Ark en kyk ook na die skakels vir sommige ander projekte wat onder aan die artikel verskyn.
Onlangse kommentare