Termodinamika: Die Tweede Wet
Februarie 23, 2010 in Sonder kategorie
Een van die implikasies van die Tweede Wet is dat die temperatuur van alle objekte in ons Heelal, uiteindelik dieselfde sal wees, dws naby die absolute nul: -273 grade C.
Ons Son sal itv die tweede wet dus uiteindelik uitbrand en al sy energie in die ruimte uitstort. Maar terwyl die Son sy energie uitstraal, staan die Aarde tussen die Son en die ruimte, en vang so ‘n miniskule deeltjie van die Son se energie op, en vertraag sodoende die verlies van die Son se energie op klein skaal.
Alle lewe op Aarde, onderskep so ook ‘n deel van die Son se energie, hou dit vir ‘n wyle gevange, maar met die dood van lewende wesens, word die Son se energie oplaas tóg weer opgegee: Stof tot stof!
‘n Meedoënlose, onkeerbare en onomkeerbare verloop.
Vandaar die volgende gediggie:
Entropie
in elke lewe word
vir baie kort
die tweede wet
opgeskort
teen daardie wet
is niks bestand:
geen lewenswil
en geen gebed.
vuurklip
vuurklip het gesê op Februarie 24, 2010
Inderdaad, maar die Son straal sy energie uit in die ruimte en sal uiteindelik ekwilibrium met die ruimte bereik, en daarna vind geen verdere energie oordrag plaas nie, en is alle lewe onmoontlik.
En dit is ook die bestemming van die Heelal (Volgens een siening – daar is ander soos bv ‘n polsende Heelal)
lisabeth het gesê op Maart 4, 2010
Jou pas “ontdek” en lekker gelees tot hier!