Uiteindelik – Die Burger kom by!
Februarie 28, 2010 in Sonder kategorie
Saterdag het daar ‘n artikel oor klimaatverandering Die Burger verskyn.
“Is ons ore aangesit?” deur Leopold Scholtz.
Hy gee daarin ‘n oorsig van die jongste onwikkelinge op die skeptiese front sedert November 2009 toe die Climate Gate-skandaal oopgevlek is.
Ongelukkig behandel hy nie die implikasies van die hele debakel nie.
Die belangrikste hiervan is dat groot geld (miljarde) op CO2 vermindering vermors word sonder dat dit noemenswaardige resultate sal lewer. Hierdie beleidsbesluite van regerings is direk as gevolg van die invloed van die IPCC se oordrewe en foutiewe interpretasie van klimaatverandering – interpretasies in talle gevalle gebaseer op die WWF se onwetenskaplike publikasies.
‘n Belangrike leemte in die IPCC se benadering (en die van talle klimaat-wetenskaplikes) is die gebrek aan historiese perspektief. Hierdie gebrek is nie slegs die University of East Anglia se verdoeseling van die Middeleeuse Warm Periode nie, maar die totale ignorering van die aarde se klimaat oor miljoene jare. ‘n Volgende blog sal in meer detail hieroor berig.
Ons regering hef nou al belasting ekstra op motorvoertuie (of beoog sodanige belasting).
Ook in dieselfde uitgawe van Die Burger, op die Sakeblad, word berig dat die WWF nou by die Wêreldbank konkel om ‘n lening aan Eskom te saboteer – tensy die lening gebruik word om in hernieubare energieprojekte te belê. As Eskom nie die lening kry nie, gaan ons nóg meer vir krag betaal. Eskom kan nog ‘n lening afbetaal, maar as hulle die kragprys eers opgesit het, betaal ons daaraan vir die res van ons lewens.
Onlangse kommentare