Beetlejuice!

Januarie 13, 2010 in Sonder kategorie

Hierdie is ‘n saamgestelde foto van Betelgeuse, ‘n superreus in die konstellasie Orion.

Die ster is 600 keer groter as ons Son (die bron maak dit nie duidelik of verwys word na massa of diameter nie) en straal 100000 keer meer energie uit.

Meer hier

4 antwoorde op Beetlejuice!

  1. Neander het gesê op Januarie 13, 2010

    Ek het op 18/4 -21/4 drie blogs oor die uitspansel gedoen. Gaan kyk gerus na die relatiewe groottes van die verskillende sterre/sonne.
    Jou verwysing verwys na deursnee, alhoewel daar tog kleiner massa invloede is, omdat die samestellings van sterre verskil. Dit wys in die kleur.

  2. Dankie, ek onthou jou blogs – maar die interressante ivm die Betelgeuse foto, is dat dit moontlik was om so ‘n detail beeld van ‘n ster te kry. Die ster is 640 ligjaar ver.

  3. Ek het gelees dat groot sterre gouer uitbrand, het hulle dalk planete?

  4. Korrek – In die algemenn geld: hoe groter die ster, hoe vinniger brand hy uit. Waarskynlik het die meeste sterre planete, heelwat is reeds gevind, hier is ‘n lys:
    http://exoplanets.org/exotable/exoTable.html

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.