Die storie hou net nie op nie! Die Burger is steeds doodstil oor die hele affêre – hoewel ‘n (goeie) lesersbrief vandag die saak aanroer. Daagliks kom nuwe inligting tevoorskyn oor die onheilige praktyke wat gepleeg word.
Een van die Climategate onthullings is hoe die “Hockey Team” data manipuleer, selektief weglaat, selektief insluit, of bloot verdoesel om hulle uitsprake oor die “ongekende” aardverwarming te onderskraag.
Om ‘n behoorlike insig te verkry oor die hele gedoente, moet jy ongelukkig ‘n hele klomp bronne raadpleeg – dus, ‘n bietjie moeite en toewyding word geverg.
In latere blogs sal ek meer verwysings gee. Intussen noem ek net dat voorbeelde van manipulasie nou al blootgelê is in:
- Alaska
- China
- Australië
- New Zealand
- Rusland
Hier is ‘n goeie beginpunt. Dit is ‘n bespreking van ‘n geval in Australië deur Willis Eschenbach. Om die manipulasie behoorlik te waardeer, is dit nuttig om ook ‘n bepreking (in 5 dele!) deur die statistikus William M Briggs te lees oor hoe om nie bedrog te pleeg met statistiek nie.
Eschenbach se analise is nogal lank maar dis die moeite werd om aandag daaraan te gee. Ek onmoontlik reg laat geskied deur ‘n opsomming te probeer gee, en volstaan met die laaste grafiek in die artikel wat duidelik aantoon hoe die temperatuur opwaarts aangepas word.
Kyk veral na die swart lyn wat die aanpassing weergee, die blou lyn met die diamantjie wat die rou data verteenwoordig, en die gevolglike “trend” soos die ” thin blue line” aandui.
As die rou data nie die “regte” resultaat gee nie, “homoginise” jy totdat jou pas!

Onlangse kommentare