Jy blaai in die argief vir 2009 November.

Bikini Deck

November 18, 2009 in Sonder kategorie

Middagete vandag by die Brass Bell se Bikini Deck in Kalkbaai.

Hou jy van die uitsig? As jy gelukkig is slaan die golwe nie oor jou vis nie.

Die sterre voorspel

November 18, 2009 in Sonder kategorie

Vanoggend se voorspelling (Kreef) vir ons dapper en getroue waghond is die volgende:

Jou familie neem baie van jou tyd in beslag en dit frustreer jou. Byt vas, dis van korte duur.

Plesier word bederf!

November 14, 2009 in Sonder kategorie

My plesier aan die advertensies op SABC TV en eTV word alewig bederf deur die simpel movies wat telkens die advertensies onderbreek – dis nou al so erg dat ek nie meer die draad van die advertensie kan volg nie en boonop is die filmbreak te kort om eers te gaan piepie.

So, ek maak soos Johannes toentertyd gesing het, “Sit dit áf!”

Koebaai TV …

Om waghond te wees is HARDE werk!

November 14, 2009 in Sonder kategorie

Ai, ons is moeg na ‘n harde dag se huisoppas!

Dumb, dumber, dumbest.

November 10, 2009 in Sonder kategorie

Wetenskaplike tekste is nie vir sissies nie. Jy moet jou grey matter (die bietjie wat jy het) inspan om die argument te kan volg. Kyk maar na die onderstaande uittreksel.

Dit is veel makliker om ‘n eenvoudige argument te volg, al is daar geen bewys daarvoor nie – Al Gore se Nobel-prys ten spyt. Ou Al Goor is nou weer ‘n hele ander ketel vis – ‘n storie vir ‘n ander geleentheid. Die eenvoudige argument, is dat CO2 – spesifiek dié wat mense veroorsaak, aardverwarming teweeg bring.

Wat is eenvoudiger as dit? Meer CO2, meer hitte. Maklik. Maklik vir joernaliste. Maklik vir politici. Maklik vir Jan Alleman. Maklik en voordelig vir die handelaars in “Carbon Credits” en raai, maklike wins vir die banke.

Hier is die uittreksel. Maklik om te ignoreer ten gunste van die valse CO2 argument, nè?

THE ROLE OF THE OCEANS AND THE SUN IN LATE PLEISTOCENE AND HISTORIC GLACIAL AND CLIMATIC FLUCTUATIONS

EASTERBROOK, Don J., Dept. of Geology, Western Washington Univ, Bellingham, WA 98225, [email protected]

Lidar imagery of the southern part of the Fraser Lowland in WA reveals previously unknown, multiple, latest Pleistocene (Sumas Stade) end moraines overlying Everson glaciomarine drift (gmd). Multiple marine shorelines extend from about 540′ to about 100’above present sea level and are truncated by two of the oldest Sumas end moraines. These moraines are younger than the underlying Everson gmd, which is well dated at 11,700 14C yrs. B.P., and older than 11,400 14C yrs. B.P. basal bog dates behind the moraines. Recession of the ice from the outermost moraines was followed by building of at least nine end moraines, some of which clearly represent glacial readvances. Basal bog dates from a kettle in outwash from the youngest Sumas moraine has been dated at 10,250 14C yrs. B.P.

Isotope data from Greenland ice cores and historic atmospheric and oceanic temperature records show a consistent pattern of fluctuating 25-30-year warm and cool periods over the past 500 years. During the past century, five of these climate fluctuations can be tied to glacial oscillations, oceanic temperature changes, atmospheric temperature changes, and solar variation.

Die hele artikel is hier:

http://antigreen.blogspot.com/2009/11/new-geologic-evidence-of-past-periods.html

How much is that doggie …

November 10, 2009 in Sonder kategorie

How much is that doggie in the window?

The one with the waggely tail!

http://www.youtube.com/watch?v=HTPMkVHUsNU&feature=fvw

Ken julle die?

November 6, 2009 in Sonder kategorie

As jy nog nie Flanders And Swann ontmoet het nie, kan jy hier begin:

Misalliance

Youtube het talle opnames van hulle wonderlike slim en humoristiese werk.

Soek na:

The gnu song

The hippopotamus song

The gasman cometh

Pee po belly bum drawers

Oorwerkte bedkassie …

November 4, 2009 in Sonder kategorie

Harde werk lê voor!

O! togga, gedemoveer!

November 3, 2009 in Sonder kategorie

Vuurklip is nou nommer drie in die huishouding se hierargie.

Hier onder is die nuwe familielid wat sommer dadelik Nommer Twee geword het.

Ek hoop julle kry my jammer! Baie jammer …

Pottebakkers

November 2, 2009 in Sonder kategorie

Pottebakkers

 

God wil ons alle sondes vergewe,

En is besonder gul met vergiffenis.

 

Hy het begrip

Vir ons sondige natuur:

 

Het Hy dan nie self die Maagd

Ongevraagd bevrug?

 

En het Hy nie Sy Eniggebore Seun

Aan die Kruis laat sterf?

 

Want:

 

Het Ons hóm dan nie

Na Óns beeld geskape?

 

vuurklip

 

Foto