Legendes of leuens?

November 23, 2009 in Sonder kategorie

As iets lyk soos karton, ruik soos karton en smaak soos karton, dan ís dit karton, nie waar nie? Op die Ouma boks is daar ‘n lang storie oor die ontstaan van Ouma Greyvensteyn se beroemde beskuit. Maar lyk dit vir jou soos regte plaasbeskuit? Karringmelk nogal? Dit sal my verbaas as hierdie oneetbare kartonbeskuit enige melk – wat te sê karringmelk – bevat.

Ouma sal in haar graf omdraai as sy sien hoe haar resep misbruik word.

Spoeg uit!

4 antwoorde op Legendes of leuens?

  1. fiemies het gesê op November 23, 2009

    Hulle gebruik seker “instant yeast”, en nie Maankind se aartappelplantjie nie 😉

  2. vuurklip het gesê op November 23, 2009

    Vertel van die aartappelplantjie! Hoe werk dit?

  3. skaawagter het gesê op Desember 15, 2009

    Hier is n maklike reseppie vir regte karringmelkbeskuit; hoop jy het genoeg broodpanne, of gebruik sommer daai groot vierkantige ene onder in die oond…

    Krismis-karringmelkbeskuit

    1 kg bruismeel [of koekmeel met so 6 t bakpoeier]
    sout 1t
    semels 500g
    pitlose rosyntjies en of klapper en of neute na beoefte
    500g botter [nie margarine nie!]
    500ml karringmelk
    3 of 4 eiers, geklits
    suiker, bruin, 2 of 3 koppies

    sif meel, bakpoeier en sout saam
    voeg semels en vrugte en neute by
    klits eiers en suiker en karringmelk saam
    [moet nognie inmeng nie]
    vryf botter in die meelmengsel in
    gooi nou die karringmelk ens by, miskien is n bietjie lou water nodig
    meng goed, gooi in gesmeerde panne en bak by 180grade celsius tot gaar ,seker vir 30 minute of so
    laat afkoel in die panne, sny versigtig in beskuite of breek in mooi stukke, droog in lou oond met die deur op n skrefie oop

    lekker eet!

  4. vuurklip het gesê op Desember 15, 2009

    Vreeslik dankie – sien uit daarna om dit te toets!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.