Jy blaai in die argief vir 2009 Oktober.

Hou my vas

Oktober 10, 2009 in Sonder kategorie

Hou my vas

hou my vas
as die donker
nader kom.
                  vuurklip

Foto

Trapido, Selebi en Agliotti

Oktober 7, 2009 in Sonder kategorie

Michael Trapido skryf in die Mail en Guardian. Lees hier.

Hy vra ons om Agliotti se dwelms en moord (Op Kebble) op te weeg teenoor die beweerde korrupsie van Selebi.

Die vraag is na aanleiding van die NVG (Nasionale Vervolgingsgesag) se “Plea Bargain” met Agliotti om teen Selebi te getuig.

In Trapido se opinie, is Selebi se beweerde korrupsie van minder belang as die aanklagte teen Agliotti en soek hy (Trapido) ‘n verduideliking hoe so ‘n Plea Bargain sin kan maak.

My mening is dat hierdie nie net ‘n gewone korrupsiesaak is nie. Selebi is nie ‘n “small time operator” nie. Selebi is die hoof van Polisie. En as sodanig sal korrupsie van hom die hele Polisiediens kompromitteer. Dit affekteer dus elke polisieman. En dis nie al nie. Gegewe die erns van misdaad in SA, affekteer korrupsie op die hoogste vlak elke inwoner van ons land.

Wat my betref, kan Agliotti nog ‘n bonus ook kry, mits sy getuienis help om korrupsie van die polisiehoof te bewys en om die skuldige vas te trek.

Agliotti mag ‘n skurk wees, selfs ‘n uiters groot skurk, maar hy affekteer darem nie elkeen van ons nie.

As ek moet kies, sal ek Selebi vir lank laat bêre – mits hy natuurlik skuldig is.

Zapiro in die Mail en Guardian

‘n Nuwe skandaal aan die ontwikkel

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie

Nee – dit het niks met ons liewe regering, haar amptenare, óf spreekbuise (SABC, Big Julie) te make nie.

Jy sal ook nie daarvan in Die Burger lees nie.

Dit behels nuwe verwikkelinge in die veld van klimaatverandering.

Dit blyk dat die amptelike mondstuk van die VN, naamlik die IPCC (Intergovernmental Panel on Climate Change) swaar gesteun het, en steeds steun op dendrochronologiese studies om geskiedkundige klimaattoestande te rekonstrueer.

In kort, beteken dit dat boomringe gebruik word om die Aarde se historiese temperatuur te rekonstrueer.

Die gebruik van boomringe is uiters problematies om historiese temperatuurrekords te rekonstrueer aangesien boomringe deur meer as net temperatuur beïnvloed word – daar is ook die invloed van CO2, reënval, posisie in die woud, plaaslike toestande, heersende winde, ens., ens. Verder is die boomringe van ‘n jong boom verder van mekaar as van die ouer boom! Die statistiese verwerking van boomringdata het ook verskillende benaderings wat ingestel is op óf korttermyn óf langtermyn tendense.

Dit behoort ook duidelik te wees dat die steekproef wat gebruik word, so groot as prakties moontlik behoort te wees. Die belangrikheid van hierdie laaste stelling sal later duidelik word.

Dit is dan te verwagte daar talle probleme sal wees om temperatuur tussen al hierdie faktore te uit te distilleer.

Nie net vorm hierdie studies die grondslag van die IPCC se verslae nie, maar word talle artikels gepubliseer wat op sodanige studies steun om aardverwarming te “bewys”.

Daar is veral van twee studies gebruik gemaak en hiedie twee studies is die basis van ‘n groot deel van die bangmaakstorie i.v.m. aardverwarming. Die belangrikheid van hierdie stelling kan nie oorbeklemtoon word nie.

Ek benadruk: ‘n Groot, indien nie die grootste invloed op die hele aardverwarming-beweging, kan toegeskryf word aan hierdie twee studies. Grootliks op grond van hierdie verdagte studies is regerings nou onder groot druk om duur programme vir alternatiewe energiebronne te onwikkel. Programme wat, buiten die koste ook uiters nadelige en onvoorsiene gevolge het soos reeds ondervind word met die produksie van bio-brandstof. Laasgenoemde lei tot hoër voedselpryse, hongersnood en ontbossing van reënwoude onder meer.

Die eerste van hierdie studies is deur James Hansen van NASA. Hierdie studie maak gebruik van die sogenaamde “Bristlecone” denne van die VSA. Dit is die oorsprong van die berugte “Hockey stick” grafiek in die IPCC se verslae gedurende die 1990’s mildelik gebruik is. Al Gore se “An inconvenient truth” het ook groot publisiteit hieraan verleen.

Sedertdien is hierdie studie deeglik gediskrediteer, en het die IPCC die grafiek stilletjies in opvolgende verslae weggelaat. Sleutelfigure in die kritiek op Hansen se studie is die Kanadese Steve McIntyre en Ross McKitrick.  Hansen het vir eers lank geweier om sy data beskikbaar te stel, maar toe McIntyre wel toegang tot die data gekry het, kon hy talle probleme en statistiese verwerkingsfoute uitwys. Inderdaad blyk dat dat feitlik enige datastel ‘n hokkiestok-grafiek tot gevolg sal hê.

Die tweede studie is deur Keith Briffa van die Universiteit van East Anglia in die Verenigde Koningkryk van Brittanje. Briffa het sowat nege jaar lang geweier om sy data beskibaar te stel vir onafhanklike verifiëring. Talle artikels in wetenskaplike tydskrifte het gevolg sonder dat hulle hul eie reëls afgedwing het waarvolgens die onderliggende data vir die artikels voorgelê moet word. Pogings van die einste Steve McIntyre om die toegang tot die data was tevergeefs.

Weereens, toe die data eers beskikbaar gestel is (LW na nege jaar!) het probleme aan die lig gekom.

Briffa se verwerking het weer ‘n hokkiestok-grafiek tot gevolg gehad. McIntyre het aangetoon dat Briffa se steekproef (10 bome!) baie klein is, en indien ‘n groter steekproef (wat wel beskikbaar is) gebruik word, verdwyn die opswaai in die 1990’s se temperatuur, en blyk dit dat die aardverwarming nie buitengewoon is nie, en dat daar geen katastrofiese verwarming is nie.

Die stof oor hierdie jongste debakel het nog nie gaan lê nie, maar op die bekikbare inligting blyk dit dat Briffa en sy medewerkers hulle steekproef só uitgesoek het, dat ‘n voorafbepaalde uitkoms “bewys” kan word.

Dit wil voorkom asof die bende wat “Wolf!” skreeu oor aardverwarming, vergeet het dat hulle voorgangers aan die eide van die 1970’s “Wolf!” geskreeu het toe temperature sedert do 1940’s gedaal het (ondanks stygende CO2).

Slegs ‘n paar stemme erken vandag dat temperature sedert 1998 konstant gebly het en sedert 2002 steeds daal.

Die slotsom is onteenseglik: Die enigste konstante is (klimaat)verandering. Lees skommeling.

Lees meer hier:

The Register
Bishop Hill
Environmental Policy Examiner

Moenie die bobbejane/trolle voer nie!

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie


Moenie die bobbejane voer nie!

Waar bobbejane en mense na-aan mekaar woon, is daar gewoonlik probleme! Veral hier waar ons woon in die Suid-Skiereiland, agter die sogenaamde Muesli-Gordyn.

Besoekers van agter die Boerewors-Gordyn is veral lief om die bobbejane te bederf – en as hulle terug is by hulle bier-en-braaivleis, sit ons steeds met die probleem.

Blogtrolle is baie soos bobbejane. Trolle voed op bloggers se reaksie. Hoe sterker die reaksie, hoe groter is die trol se beloning en hoe lastiger word hulle.

Daarom moet bloggers teenoor trolle net so optree as teenoor bobbejane:
  – Ignoreer, moet hulle nie voer nie.
  – Hou verby.

Die beste raad is: *MTVN

*Moenie Trolle Voer Nie

Foto

Taakspan vir Caster

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie

Sien in vanoggend se koerant daar is ‘n taakspan aangestel om Caster by te staan.

In die span dien onder andere die Moeder van die Nasie en die Dokter van die Nasie:
   Winnie en Manto.

Nou sal die arme Caster seker ook moet regmaak vir die Knoffel-Beet-Aartappel-diëet.

As jy hou van boeke

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie

Woorden

   Ik koop boeken die ik nog wil lezen, voor als ik het huis niet uit kan,
             toen ik jong was lukte het mij niet een boek te bewaren
   zonder het te lezen.

   Als je een zin leest en denkt dat het de eerste keer is dat dat woord
   zo gebruikt is,
             kan je mij die zin dan sturen, of misschien het boek waar die
   in staat?

   Ik probeer te raden van welke woorden je later nog zult weten waar ze
   over gaan,
             die leg ik bij elkaar om te kijken wat ik daarmee nog kan
   doen.

   Ik koop nooit één boek, altijd dozen tegelijk, het liefst alle boeken die
   iemand had;
             nee, ik ben geen verzamelaar, dat ben ik nooit geweest,
   ik wil alleen maar veel van iets hebben.

   Nachoem M. Wijnberg (1961)
   uit: Divan van Ghalib (2009)

   Foto

Earth – Die Movie

Oktober 4, 2009 in Sonder kategorie


Ons het laas week die Film “Earth” by Cavendish Square gaan sien.

Pragtige ys- en woestynlandskappe. Ek kon twee boodskappe uit die film distilleer:
  – Die skadelike invloed van die mens op die omgewing
  – Die uitwerking van aardverwarming op die omgewing en spesifiek die dierelewe.

Myns insiens manipuleer die filmmaker die beeldmateriaal op ‘n oneerlike manier om bostaande boodskappe te ondersteun en toon ‘n onbegrip van die interaksie van lewe met die omgewing.

Daar is veral een voorbeeld vroeg in die film waar die aardverwarmingsikoon, die ysbeer, misbruik word om die invloed van aardverwarming te illustreer.

Eerstens sien ons hoe ma-ysbeer uit haar winterskuiling tevoorskyn kom, gevolg deur twee welpies. Hulle is in die skuiling gebore en het nog nooit die buitewêreld gesien nie. Teen hierdie tyd is die ma se reserwes byna uitgeput en moet sy kos vind om weer krag op te bou en die welpies verder te voed.

Ons sien pragtige beeldmateriaal hoe hulle teen yshellings afgly na die see – maar o! Wee, die seeys is gesmelt en hulle moet op land kos probeer vind. Ons verlaat die ma en kroos met die beeld van ‘n uitgeteerde ma en die twee welpies op ‘n droë strand van donker skalie, geen groen in sig – ‘n sombere prentjie. Tog sien ons later dat ma-beer oorleef en die twee welpies groei en veral floreer.

Nou spring die film na pa-ysbeer. Die kommentaar beweer dat dit die pa van die welpies is, maar sonder enige ondersteunende materiaal – ons moet maar glo en vertrou. Die pa-beer lyk groot, log en vet. Hoe hy die ses maande lange winter oorleef het op net sy vet-reserwes sal ons nie weet nie en die film help ons ook nie verstaan nie.

Pa-ysbeer het aanvanklik nie ‘n probleem om seeys te vind nie. Ons sien hom op die ys – al drawwend na waar die robbe uithang – sappige happies vir ‘n honger beer. Maar, weer eens: O! Wee! die ys is besig om te smelt! Pa-beer is nou letterlik op dun ys. En die ys word al dunner en dunner en naderhand is daar geen ys nie. Pa-beer moet swem, en swem, en swem. Ons is tog te bekommerd oor die arme pa-beer maar niemand wonder wat van die arme robbe geword het wat ook op die seeys moet oorleef nie.

Uiteindelik, net voor hy verdrink, bereik hy droë grond. Die goeie nuus is dat daar volop walrusse is. Die slegte nuus is dat hy nou nie meer ‘n groot beer is nie, maar maer en heelwat kleiner. Die vraag kom by my op: Is dit dieselfe beer wat aan ons gewys word?

Nog meer slegte nuus: Die walrusse is groter as die beer en hulle het liederlike groot slagtande. Pa-beer moet gewond die aftog blaas en oorleef nie die konfrontasie nie.

Ten slotte, kom die volgende vrae by my op:
  – Hoe is dit dat pa-beer groot en vet die ses maande se winterslaap oorleef?
  – Hoekom kon hy nie die smeltende ys te bowe kom nie, terwyl ma-beer en die kleintjies floreer?
  – Is die smeltende ys nie ‘n probleem vir die robbe nie, en hoe oorleef hulle?

Soos reeds gesê, die film makers bevorder hulle agenda op ‘n oneerlike manier.

Te dom vir hierdie juweel

Oktober 4, 2009 in Sonder kategorie

Het sopas afgekom op Litnet filosofiese juweel. Kyk hier.

Die titel van die stuk lui:

Tegnologiese singulariteit en transendentale monisme: medeskeppers van volhoubare alternatiewe toekomste

en die eerste paragraaf lui as volg: 

“Die versmelting van tegnologiese singulariteit met transendentale monisme word gepostuleer as die mees aangewese kompromie vir die skep van volhoubare alternatiewe toekomste. Vier moontlike toekomste kan na vore kom wanneer twee tipes tegnologiese progressies en twee tipes metafisika met mekaar gekombineer word: (a) Tegnologiese singulariteit gekombineer met materiële monisme, wat kan veroorsaak dat die mensdom soos dit vandag daar uitsien, tot ’n einde kom en die era van transhumanisme inlui. (b) Liniêre verandering, gekombineer met materiële monisme, wat ’n ekstrapolasie van vandag se situasie na die sogenaamde huidige toekoms kan teweegbring, dit is, ontwikkeling en onderontwikkeling, rykes en armes, en ekologiese nievolhoubaarheid. (c) Liniêre verandering gekombineer met transendentale monisme, wat daartoe kan lei dat bewustheid die dominante oorsaaklike realiteit word in ’n lae-tegnologie-wêreld met volhoubare naturalisme. (d) Tegnologiese singulariteit gekombineer met transendentale monisme, wat tot heeltemal nuwe toekomste kan lei waar ’n hoogs bewuste mensdom tegnologie gebruik as ’n middel tot ’n volhoubare hoë-orde-leefwyse.”

In die stuk word verwys na die werk van Ray Kurzweil, tewens, die term tegnologiese singulariteit is verleen aan Kurzweil se werk.

Daar staan enkele van Kuzrweil se boeke op my boekrak, en ja, ek het hulle gelees – maar in geen van sy werk bespeur ek die onverstaanbare en hoogdrawende taalgebruik soos in bostaande stuk nie.

Is dit dalk omdat Kurzweil in engels skryf?