Sirkus

Oktober 30, 2009 in Sonder kategorie

sirkus

van buite kyk ons die ring in
ruik ons die vars saagsels
en soos ’n hond op ’n leeuspoor
snuif ons versigtig
die geur van die wilde dier

op die rand van ons stoel
balanseer ons
saam met die touloper
met sy paal wat weerskante
oor die afgrond hang

hansworse laat ons oopmond lag
en vir ’n oomblik vergeet
van die volgende dag
en dat ons toekyk
vanuit die donker nag

 

                             vuurklip

 

Kunswerke van Chagall

1 antwoord op Sirkus

  1. vuurklip het gesê op Oktober 31, 2009

    Dankie, bly iemand hou daarvan!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.