Gevind in Napier

Oktober 23, 2009 in Sonder kategorie

Uit die Overberg se wingerde …

soetwyn o soetwyn
maak my hartjie skoon en rein

soetwyn soetwyn
nog ‘n dop verdoof die pyn

hanepoot hanepoot
blaas my met jou bokhaelskoot

muskadel muskadel
die dood bevry my van die hel

hanepoot o hanepoot
die lewe is net vir die dood

                              vuurklip

2 antwoorde op Gevind in Napier

  1. Kon nog nooit fout vind met so bietjie soetetjies nou en dan nie.

  2. ‘n Ode!

Los ’n antwoord vir boerseun1. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.