Trapido, Selebi en Agliotti

Oktober 7, 2009 in Sonder kategorie

Michael Trapido skryf in die Mail en Guardian. Lees hier.

Hy vra ons om Agliotti se dwelms en moord (Op Kebble) op te weeg teenoor die beweerde korrupsie van Selebi.

Die vraag is na aanleiding van die NVG (Nasionale Vervolgingsgesag) se “Plea Bargain” met Agliotti om teen Selebi te getuig.

In Trapido se opinie, is Selebi se beweerde korrupsie van minder belang as die aanklagte teen Agliotti en soek hy (Trapido) ‘n verduideliking hoe so ‘n Plea Bargain sin kan maak.

My mening is dat hierdie nie net ‘n gewone korrupsiesaak is nie. Selebi is nie ‘n “small time operator” nie. Selebi is die hoof van Polisie. En as sodanig sal korrupsie van hom die hele Polisiediens kompromitteer. Dit affekteer dus elke polisieman. En dis nie al nie. Gegewe die erns van misdaad in SA, affekteer korrupsie op die hoogste vlak elke inwoner van ons land.

Wat my betref, kan Agliotti nog ‘n bonus ook kry, mits sy getuienis help om korrupsie van die polisiehoof te bewys en om die skuldige vas te trek.

Agliotti mag ‘n skurk wees, selfs ‘n uiters groot skurk, maar hy affekteer darem nie elkeen van ons nie.

As ek moet kies, sal ek Selebi vir lank laat bêre – mits hy natuurlik skuldig is.

Zapiro in die Mail en Guardian

2 antwoorde op Trapido, Selebi en Agliotti

  1. Een misdaad is nie groter as die ander nie. Indien Agliotti by dwelms betrokke is, raak dit elke ouer in die land. Want agv mense soos hy, is ons kinders daagliks in gevaar.
    Hulle moet beide kry wat hulle toekom.

  2. vuurklip het gesê op Oktober 8, 2009

    Nee, nie elke ouer nie – Agliotti se netwerk is nie landwyd, in elke stad en dorp soos die polisie nie. Daar is wel orals dwelmhanelaars, maar hulle is nie almal Agliotti se agente nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.