Moenie die bobbejane/trolle voer nie!

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie


Moenie die bobbejane voer nie!

Waar bobbejane en mense na-aan mekaar woon, is daar gewoonlik probleme! Veral hier waar ons woon in die Suid-Skiereiland, agter die sogenaamde Muesli-Gordyn.

Besoekers van agter die Boerewors-Gordyn is veral lief om die bobbejane te bederf – en as hulle terug is by hulle bier-en-braaivleis, sit ons steeds met die probleem.

Blogtrolle is baie soos bobbejane. Trolle voed op bloggers se reaksie. Hoe sterker die reaksie, hoe groter is die trol se beloning en hoe lastiger word hulle.

Daarom moet bloggers teenoor trolle net so optree as teenoor bobbejane:
  – Ignoreer, moet hulle nie voer nie.
  – Hou verby.

Die beste raad is: *MTVN

*Moenie Trolle Voer Nie

Foto

7 antwoorde op Moenie die bobbejane/trolle voer nie!

  1. louisna het gesê op Oktober 6, 2009

    Spot on Vuurklip. Oorgeslaandes word nooit dik nie, ongeag hoeveel hulle gevoer word

  2. Yip dit is!

  3. louisna het gesê op Oktober 6, 2009

    Jy’s nogal skerp vandag

  4. Ag Vuurklip ek probeer maar die troljaan wil my nie uitlos nie en vee ek uit hou die net aan terug kom…

  5. Ek voel dieselfde oor die mediavoer wat Malema kry.

  6. vuurklip het gesê op Oktober 6, 2009

    Hy is ook ‘n soort trol, nè!

  7. DallaSePa het gesê op Oktober 6, 2009

    Stem!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.