Regte egte Boerekos
September 10, 2009 in Sonder kategorie
Ons het vandag by ‘n Indiese restourant gaan eet – en was ek verbaas om my oorle’ Tant Dorie se kerriehoender op die spyskaart te sien!
Sy sou darem vreeslik trots gewees het as sy dit sou kon belewe het.
Ek het die resourant se eienaar daarop gewys dat hulle my tante se naam darem reg moet spel – sy is nie Tandoori nie.
Die kos was baie lekker!
Onlangse kommentare